VLU Fleur de Lis tak

VLU Fleur de Lis tak Dames met finesse

VLU Mpumalanga
Malieveld Streek

24/08/2026
24/08/2026

Augustus is VROUEMAAND!

DANKBAAR!
Deel met ons wie in jou lewe ‘n verskil maak, wie jy voor dankbaar is dat julle paaie gekruis het.

20/08/2026

Baie geluk aan Mev Alna Kapp (links) wat herverkies is as VLU Mpumalanga Presidente!
Ons is saam met jou opgewonde oor die avontuur wat voorlê.

Uitnodiging vir Fleur de Lis Augustus 2026  takvergadering.
17/08/2026

Uitnodiging vir Fleur de Lis Augustus 2026 takvergadering.

16/08/2026

Augustus is VROUEMAAND!

Waar sal jy ‘n knap vrou kry?
‘n Goeie vrou is meer werd as edelstene.
- Spreuke 31:10

14/08/2026

Augustus is VROUEMAAND!
Wat en wie het ons VLU Mpumalanga Presidente, Alna Kapp, gevorm as leier?
Alna skryf vir ons:

In my grootword jare was my Ma en Ouma vir seker die rolmodelle wat my karakter help vorm het. Ek sou graag wou glo dat hulle beste eienskappe ook in my vasgelê is. My ma se kalmte deur selfs die moeilikste omstandighede, het my altyd veilig laat voel.

My Ouma se gunsteling sêding was: "Kannie is dood". So het ek my kinders geleer en vandag leer ek my kleinkinders jy kán, glo in jouself.

My skoonma was vir my 'n rolmodel oor die manier waarop sy my, as jong vrou en ma, met baie liefde leiding en raad gegee het. Sy het my ook aan die VLU bekend gestel. Haar spens was 'n absolute uitstalvenster van haar gebak- en preserveervernuf.

Daar is baie VLU-dames wat ek oor die jare beskou het as rolmodelle. Wat my diep onder die indruk gelaat het van hoe die beeld van 'n VLU-vrou lyk. Die eienskappe van só 'n vrou word so mooi saamgevat in die mooi gebed van Mary Steward waarmee ons vergaderings open. Mag ons aanhou strewe om die vrou te wees wat ons organisasie se naam hooghou.

13/08/2026

Augustus is VROUEMAAND!

Wat het jy by die VLU geleer?
Deel met ons in die kommentaar.

13/08/2026

Ons innige simpatie met Gerda Büter (Hoëveld Streeksvoorsitster), na die heengaan van haar geliefde man, Gerhard Büter.

Liewe vriendin, ons harte is so seer saam met jou oor die verlies van jou geliefde man. Ná 46 jaar saam is daar soveel herinneringe, liefde en ’n leeftyd wat julle gedeel het. Ons kan ons nie ind**k hoe groot die leemte moet wees wat hy nou agterlaat nie.

Mag die Here jou in hierdie ongelooflike moeilike tyd styf in Sy arms toevou en jou dra wanneer jou eie krag min raak. Mag die mooi herinneringe aan julle lewe saam vir jou mettertyd ’n bron van troos word.

Weet asseblief dat jy nie alleen is nie. Ons d**k aan jou, bid vir jou en is hier vir jou, vandag, môre en in die dae wat nog voorlê.

Liefde
VLU Mpumalanga

05/08/2026

Augustus is VROUEMAAND!
Wie is ons?
Die VLU is ‘n organisasie wat haar beywer om aan die vrou geleenthede te bied om haarself te verryk op alle terreine van vrouwees, sodat sy ‘n bydrae kan lewer tot haar gesin en die gemeenskap. Die organisasie is nie-polities, nie-sektaries, tweetalig, en oop vir alle vroue bo 16 jaar tot 116 jaar!

Address

Mbombela
1200

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU Fleur de Lis tak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share