LUCK YOUTH

Call

LUCK YOUTH LANGKLOOF UNITED CONGREGATIONAL KERK-JEUG💙🤍

OUTENIEKWA STREEK- OUTENIQUA REGION

🎓💙 Matrieks van 2026, hierdie een is vir julle! 💙🤍Langkloof UCC Jeug nooi julle hartlik uit na ons Studente Biddag op 18...
13/10/2026

🎓💙 Matrieks van 2026, hierdie een is vir julle! 💙🤍

Langkloof UCC Jeug nooi julle hartlik uit na ons Studente Biddag op 18 Oktober 2026 om 10:00 by Krakeel UCC. 🙏

Kom ons dra ons matrikulante in gebed en vertrou die Here met hul toekoms. 🌿✨

📖 “Want Ek weet watter planne Ek vir julle het, sê die Here…” — Jeremia 29:11

Sterkte, Matrieks! Jy kan dit doen! God is met jou! 💙🙌

Delayed post’N WOORD VAN OPREGTE DANKBAARHEID AAN GEORGE UCC JEUG EN MARY GELDENHUYS UCC JEUG ❤️🙏Ons wil graag van harte...
11/10/2026

Delayed post
’N WOORD VAN OPREGTE DANKBAARHEID AAN GEORGE UCC JEUG EN MARY GELDENHUYS UCC JEUG ❤️🙏

Ons wil graag van harte dankie sê aan George UCC Jeug en Mary Geldenhuys UCC JEUG vir die hartlike ontvangs en gasvryheid tydens julle verjaarsdagnaweke in September.

Dit was vir ons ’n groot voorreg om deel te kon wees van hierdie besonderse geleenthede Baie dankie vir die liefde, omgee en moeite wat julle aan ons betoon het. Ons waardeer elke oomblik en die geleentheid om saam met julle te kon feesvier en ons bande as jongmense in Christus te versterk.

Mag die Here hierdie Jeugtakke ryklik seën, julle bediening versterk en julle nog baie jare gebruik om Sy Naam te verheerlik. Mag julle as jeugtak aanhou groei in geloof, liefde en eenheid.

“Laat alles wat julle doen, in liefde geskied.” — 1 Korintiërs 16:14

Baie dankie vir alles. Mag die Here se genade en seën altyd met julle wees! 💙🙏

Met liefde en waardering, Julle medegelowiges in Christus

- BELANGRIKE KENNISGEWING -     LANGKLOOF UCCSA JEUGOns wil graag al ons Langkloof-maats in kennis stel van ons komende ...
15/09/2026

- BELANGRIKE KENNISGEWING -
LANGKLOOF UCCSA JEUG

Ons wil graag al ons Langkloof-maats in kennis stel van ons komende jeugvergadering.
📅
Ons nooi al ons Langkloof Jeuglede uit om hierdie belangrike vergadering by te woon. Julle teenwoordigheid en insette is baie belangrik.

Ons sien uit daarna om almal daar te sien! 🙏

Empowered by Faith, United in purpose.🙏🏽

15/09/2026

BAIE DANKIE UNIONDALE UCC JEUG. 💙

Ons wil graag aan Uniondale UCC Jeug baie dankie sê vir ’n geseënde jeugnaweek! 🙏

Baie dankie vir julle liefde, gasvryheid en die moeite wat julle gedoen het om hierdie naweek spesiaal te maak. Ons is dankbaar vir die wonderlike tyd van aanbidding, saamwees en geestelike groei.

📖 **Tema:** Habakkuk 3:17–18
**Subtema:** Staan vas in geloof.

Mag ons altyd op die Here vertrou, selfs wanneer omstandighede moeilik raak. Mag Hy Uniondale UCC Jeug ryklik seën en versterk.

One Youth, One Church* 💙

08/09/2026

’N GROOT DANKIE AAN CYM LANGKLOOF JEUG!

Baie dankie aan CYM LANGKLOOF Jeug vir ’n ongelooflik geseënde en geestelik verrykende jeugnaweek. 🙏🏾❤️

Onder die tema “2 Korintiers 6 vers 2” het ons saam gelag, aanbid, geleer en God se teenwoordigheid ervaar. Dit was ’n naweek vol genade, liefde, eenheid en geestelike groei.

Mag die saad wat gedurende hierdie naweek gesaai is, voortgaan om vrugte te dra in elke jongmens se lewe. 🌱✨

Baie dankie vir julle harde werk, gasvryheid en liefde.Mag God julle ryklik seën en mag ons aanhou om saam te groei en te werk in Sy Koninkryk. 🙏🏾

“Hoekom nie nou nie?.” 🌾❤️

Met groot waardering,
Baie dankie, CYM LANGKLOOF JEUG! ❤️

In hierdie tyd van hartseer bid ons dat die Here julle sal omvou met Sy liefde, troos en vrede. Mag Sy krag julle dra en...
21/07/2026

In hierdie tyd van hartseer bid ons dat die Here julle sal omvou met Sy liefde, troos en vrede. Mag Sy krag julle dra en Sy teenwoordigheid elke dag nuwe hoop gee. Ons innige meegevoel aan haar familie en vriende, en in besonders aan ons buurmense CYM Langkloof Jeug. Ons hou julle in ons gebede." 🕊️

15/07/2026

Ons wil baie graag my opregte dank uitspreek aan Hankey UCC Jeug vir 'n ongelooflike geseënde jeugnaweek.

Baie dankie vir julle warm gasvryheid, liefde en die moeite wat julle gedoen het om hierdie naweek so besonders te maak. Julle harde werk en toewyding het nie ongesiens verbygegaan nie.

Die tema uit Lukas 13:7 – "Kap dit uit, voor dit jou uit kap." – het ons diep laat nadink. Dit het ons herinner dat ons alles wat ons geestelike groei belemmer, moet uitsny voordat dit ons verhouding met God vernietig. Dit is 'n boodskap wat ons nog lank sal saamdra.

Mag die Here elke jongmens, leier en ondersteuner ryklik seën vir die saad wat julle gesaai het. Ons bid dat Hy julle sal versterk en nog baie siele deur julle bediening sal bereik.

Baie dankie, Hankey UCC Jeug. Ons waardeer julle opreg en sien uit na die volgende geleentheid saam.

God alleen die eer! 🙏❤️

Uit die Stad genaamd George...Wat 'n voorreg en seën was dit om deel te wees van die jeugnaweek wat deur Pacaltsdorp UCC...
14/07/2026

Uit die Stad genaamd George...

Wat 'n voorreg en seën was dit om deel te wees van die jeugnaweek wat deur Pacaltsdorp UCC Jeug aangebied is. Van die oomblik wat ons daar aangekom het, is ons met opregte gasvryheid, vriendelikheid en liefde ontvang. Baie dankie aan elke lid van die jeug en almal wat hard gewerk het om hierdie naweek moontlik te maak.

Die tema uit Hosea 2:14 met die subtema "Jou oes het gekom" het elkeen van ons opnuut herinner dat God ons voorberei vir 'n tyd van seën, herstel en oorvloed. Dit was 'n naweek vol aanbidding, geestelike groei, opbouende boodskappe en kosbare samesyn.

Ons stap huis toe met harte wat voller is, geloof wat sterker is en die wete dat God altyd getrou is aan Sy beloftes. Mag die saad wat hierdie naweek gesaai is, bly groei en 'n ryke oes in elke jongmens se lewe voortbring.

Nogmaals, baie dankie aan Pacaltsdorp Uccsa Jeug vir julle ongelooflike gasvryheid. Mag die Here julle ryklik seën vir alles wat julle gedoen het. Ons sien reeds uit na die volgende keer.

"Jou oes het gekom." 🌾🙏

29/06/2026

"Toe sê Hy vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg." – Lukas 9:23
Wat 'n geseënde naweek was! Die Here het ons opnuut herinner dat om Jesus te volg beteken om afskeid te neem van ons eie wil, trots, vrese en planne, sodat Hy volkome in ons lewens kan werk.
Die tema "Neem afskeid van jouself" het ons geleer dat ware groei begin wanneer ons onsself minder maak en Christus meer. Dit is nie altyd maklik om jouself te verloën nie, maar dit is juis daar waar God ons vorm, ons karakter slyp en ons nader aan Hom trek.
Mag hierdie naweek nie net 'n herinnering bly nie, maar 'n leefwyse word. Laat ons elke dag kies om ons kruis op te neem, die Here getrou te volg en toe te laat dat Sy wil belangriker as ons eie word.
Mag die saad wat hierdie naweek gesaai is, goeie vrug dra in elkeen van ons se lewe. Aan God alleen kom al die eer. Amen.🙌🏽💙

Saterdagaand Social!⏰️🔥
17/06/2026

Saterdagaand Social!⏰️🔥

Address

Langkloof
6410

Telephone

+27793106137

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LUCK YOUTH posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share