29/06/2026
"Toe sê Hy vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg." – Lukas 9:23
Wat 'n geseënde naweek was! Die Here het ons opnuut herinner dat om Jesus te volg beteken om afskeid te neem van ons eie wil, trots, vrese en planne, sodat Hy volkome in ons lewens kan werk.
Die tema "Neem afskeid van jouself" het ons geleer dat ware groei begin wanneer ons onsself minder maak en Christus meer. Dit is nie altyd maklik om jouself te verloën nie, maar dit is juis daar waar God ons vorm, ons karakter slyp en ons nader aan Hom trek.
Mag hierdie naweek nie net 'n herinnering bly nie, maar 'n leefwyse word. Laat ons elke dag kies om ons kruis op te neem, die Here getrou te volg en toe te laat dat Sy wil belangriker as ons eie word.
Mag die saad wat hierdie naweek gesaai is, goeie vrug dra in elkeen van ons se lewe. Aan God alleen kom al die eer. Amen.🙌🏽💙