Beautify Kuils River Project NPC

Beautify Kuils River Project NPC Transforming landscapes, fostering community pride, and enhancing the natural beauty of Kuils River
(1)

01/09/2026
🌧️ Rain, Beautiful Rain! 🌧️After all the hard work, heavy water cans, and endless weeding, nature has finally given us t...
29/08/2026

🌧️ Rain, Beautiful Rain! 🌧️
After all the hard work, heavy water cans, and endless weeding, nature has finally given us the ultimate reward! 💚 We are overflowing with gratitude for the wonderful rain falling over Kuils River right now.
Every single plant, tree, and refreshed garden bed along our streets was in desperate need of a deep drink, and this rainfall could not have come at a better time. It is such a rewarding feeling to watch all the hard work of our team and contractors flourish! 🌿✨
A heartfelt thank you to our entire community for standing by us, keeping our roots grounded and growing.
Let’s sit back, enjoy the soothing sound of the rain, and watch our town bloom! 🌧️🌱

28 Augustus 2026🌿 5 Weke, 6 Uur & 33 Sakke Onkruid later… 💪🌱Ons vordering op die Amandelrylaan-bedding is amper voltooi!...
28/08/2026

28 Augustus 2026

🌿 5 Weke, 6 Uur & 33 Sakke Onkruid later… 💪🌱

Ons vordering op die Amandelrylaan-bedding is amper voltooi! Ons en ons 2 kontrakteurs is ontsettend trots op die harde werk wat tot dusver ingesit is, maar ons het julle hulp nodig om die Amandelrylaan-middelman te voltooi.

Sonder finansiële bystand uit ons gemeenskap sal ons nie verder met hierdie projek kan gaan nie. Help ons om Kuilsrivier netjies en groen te hou! 💚

✨ Hoe jy kan help:
Skenkings help ons om kontrakteurs te vergoed en noodsaaklike tuingereedskap aan te koop.

🏦 Bankbesonderhede:
• Standard Bank | Tjekrekening
• Rekeningnommer: 101 9273 7277
• Verwysing: Jou Naam & Kontaknommer

📞 WhatsApp: 071 157 1152

✉️ E-pos: [email protected]

Baie dankie byvoorbaat vir julle ondersteuning🙏

27 Augustus 2026🌼Somer is oppad en ons tuine floreer! 🌼Met Augustus wat tot ’n einde kom en minimale reën wat geval het,...
27/08/2026

27 Augustus 2026

🌼Somer is oppad en ons tuine floreer! 🌼
Met Augustus wat tot ’n einde kom en minimale reën wat geval het, het ons span nie stilgesit nie!
💦Die gieters is weer uitgehaal sodat ons plante die nodige liefde en water kry. Ons hou tans halt met nuwe aanplantings tot die reën weer opvang, sodat ons kan verseker dat alles wat reeds geplant is, goed onderhou word.

🌍 Ons dek ’n wye area in Kuilsrivier🌍:
⭐️Die sirkel by Checkers (Langverwachtpad) en die bedding oorkant die sirkel
⭐️Van Riebeeckstraat (vanaf Kerkstraat tot by die Welkom-muur voor die R300)
⭐️Die twee hoeke van Annandale- en Amandelrylaan
⭐️Die beddings op Amandelrylaan rigting Soneike, asook die bome by die informele verkopersarea

Vandag alleen het ons span 52 kanne water gedra net vir die beddings op Amandelrylaan rigting Soneike Sentrum!
🙏🏻’n Onskatbare dankie aan ons 4 getroue werkers wat week na week insit met p*k, graaf en swaar waterkanne.

💰Ons is ook besonders dankbaar vir elke lid van die gemeenskap wie se bydraes ons werk moontlik maak. Ons is ongelooflik trots op hoe mooi ons dorp lyk!

Groete tot volgende week! 💚

🌈26 Augustus 2026 🌈32 Sakke onkruid later... 🌾🧹Vandag het ons span die middelman voor die Bottelary-brug (rigting Kerkst...
26/08/2026

🌈26 Augustus 2026 🌈
32 Sakke onkruid later... 🌾🧹

Vandag het ons span die middelman voor die Bottelary-brug (rigting Kerkstraat) aangepak. Dit was ‘n warm dag se harde werk, maar die resultaat wys klaar! Ons het nog sowat twee dae se werk oor op hierdie stukkie, ons hou die moed hoog.

Met die winter wat nou vinnig op sy rug staan, skuif ons aandag na natmaak-modus sodat al die winteraanplantings pragtig en gesond bly. Dit bring soveel vreugde om te sien hoe ons dorp blom! 🌻🦋🌾💧

Dankie aan elkeen wat ons projek ondersteun en ons help om Kuilsrivier groen en netjies te hou. 💚
Together we grow! 🌱

Banking Details:
Acc name: Beautify Kuils River Project
Bank: Standard Bank
Cheque Account: 101 9273 7277
Reference: Your name




19 en 20 Augustus Lente is oppad in Kuilsrivier! 🌸🌵Wat ’n bedrywige, maar wonderlike Donderdag vir ons span!Hier is waar...
20/08/2026

19 en 20 Augustus

Lente is oppad in Kuilsrivier! 🌸🌵

Wat ’n bedrywige, maar wonderlike Donderdag vir ons span!
Hier is waarvoor ons vandag dankbaar is en wat in die dorp se tuine gebeur het:

✨ ‘n Wonderlike Boom aalwyn-skenking: Baie dankie aan Louis Fourie vir die pragtige, groot Boom aalwyne! Ons het dit dadelik na die straatbeddings geneem waar dit ons dorp nog vir baie jare gaan versier.

✨ Onkruid Vry: Die driehoek-beddings is deeglik van onkruid bevry. Dit is ’n pure vreugde om ons kleurvolle blommetjies nou weer mooi te kan sien!

✨ 40 Kanne Water (en nog steeds dors!): Ons plante het vandag hul dors geles, maar met die droë weer was dit skaars genoeg.

✨ Nuwe Lewe Tussen die Klippe: Ons het die skoongemaakte areas tussen die klippe op die hoek van Annandale en Amandelrylaan aangepak en ook aalwyne daar geplant — met die hoop dat dit die ruimte sal beskerm en netheid sal bevorder. Die tyd het gevlieg, so volgende week gaan ons weer daar voortbou!

‘n Groot dankie aan ons getroue helpers en die hele Kuilsrivier-gemeenskap wat ons ondersteun!
Gaan geniet die week verder, klim in die tuin en maak julle eie hoekies mooi! 🌿✨





🌟 Inwoners-in-Aksie: ‘n Groen Oase 🌟📸 Bamfordstraat Blink Uit! 📸Ons by die Beautify Kuils River Project is so trots op o...
19/08/2026

🌟 Inwoners-in-Aksie: ‘n Groen Oase 🌟
📸 Bamfordstraat Blink Uit! 📸

Ons by die Beautify Kuils River Project is so trots op ons gemeenskap! 😍
Kyk na hierdie stunning sypaadjietuin wat deur die inwoners van Bamfordstraat self onderhou word. ✨
Dit wys net wat moontlik is wanneer ons hande vat om ons dorp te verfraai. Hierdie pragtige tuin is nie net ‘n lus vir die oog nie, dit verhoog ook die waarde van ons eiendomme en skep ‘n meer aangename omgewing vir almal. 🏡💚

Dankie aan elkeen wat betrokke is om hierdie tuin so mooi te hou. Julle is ‘n voorbeeld vir ons almal! 👏
Ons hoop dit inspireer ander inwoners om ook hul sypaadjies aan te pak! Laat ons saamwerk vir ‘n skoner, groener Kuilsrivier! 🌱💪





🌱 12 & 13 Augustus 2026 | Koud, warm, warmer… en die warmste lê seker nog voor! ☀️Gister, 12 Augustus, het ons weer ’n g...
13/08/2026

🌱 12 & 13 Augustus 2026 | Koud, warm, warmer… en die warmste lê seker nog voor! ☀️

Gister, 12 Augustus, het ons weer ’n gedeelte van die middelste bedding in Amandelrylaan aangepak. Teen 13:00 het ons 21 sakke vol onkruid bymekaar gemaak! 💪🌿 Dit is harde werk – behoorlik rof – maar die verskil maak dit alles die moeite werd.

Vandag het ons ons aandag na drie driehoeke verskuif en hulle mooi beplant. 🌸🌱 Ons plant met ons eie kompos, solank ons voorraad nog hou, en met die warmer weer moet elke nuwe plantjie sommer dadelik water kry.

En toe verras die natuur ons ook: die Lupine het hulleself gesaai en sommer op hulle eie opgekom. 🌿💜 Soms plant die natuur die mooiste dinge self. ❤️

Intussen het ons ook ’n nuwe uitdaging in die kwekery: haarwurms wat lustig aan ons plante vreet. 😅 Maar getrou aan Beautify se aard laat ons ons nie sommer onderkry nie. Ons maak ’n plan, ons hou aan en ons beweeg vorentoe.

Geen berg is te groot om oor te klim nie. ⛰️💚

Tot volgende week!

Onthou asseblief dat Beautify se werk moontlik gemaak word deur donasies. Elke bydrae help ons om aan te hou plant, skoonmaak en ons omgewing mooier te maak.

Niks is te min nie. Elke bietjie maak ’n verskil. 🌱

🍄6 Augustus 2026 🍄15 Donderdae... dis al wat oor is van hierdie jaar! ⏳ Waarheen vlieg die tyd?Soos die spreekwoord sê: ...
06/08/2026

🍄6 Augustus 2026 🍄

15 Donderdae... dis al wat oor is van hierdie jaar! ⏳ Waarheen vlieg die tyd?

Soos die spreekwoord sê: vele hande maak ligte werk. Ons het nog baie om te doen, maar ons hou aan—onkruid vir onkruid gaan ons hierdie stryd wen! 🌿

* Vorige Donderdag: 30 sakke onkruid gevul 💪
* Vandag: 18 sakke uit ons splinternuwe beddings gehaal!

Dit maak ons harte so warm om te sien hoe ons strate stap vir stap mooier raak. Selfs die winter se koue gesig smelt weg wanneer jy begroet word deur die warm gloed van die aalwyne en kleurvolle firesticks wat tans ons strate verfraai. 🌵🔥✨
💚
Ons gesels weer volgende week. Tot dan, gaan uit en geniet die skoonheid van ons eie Kuilsrivier!

Met liefde en groen vingers,
Die Beautify Kuils River Span 🪸✨




✨ Gedaanteverwisseling! Nog ’n Sypaadjie-Paradyse in Kuilsrivier! ✨Pionierstraat is nóg ’n skitterende voorbeeld van wat...
02/08/2026

✨ Gedaanteverwisseling!

Nog ’n Sypaadjie-Paradyse in Kuilsrivier! ✨

Pionierstraat is nóg ’n skitterende voorbeeld van wat bereik kan word as ’n gemeenskap saamwerk!
Hierdie area is in 2021 heeltemal oorgedoen, en die resultate is ongelooflik. Ons het gegaan van, verwaarloosde grond (kyk bietjie na daardie Voor-foto!) na ’n florerende, lewendige tuin vol geharde, pragtige vetplante soos aalwyne, vygies en garingbome.
Vanaf daardie vroeë dae van stowwerige grawery, het hierdie projek geblom in ’n volhoubare groen sypaadjie tuin langs die pad. Dít is hoe lyk! ’n Groot dankie aan die vrywilligers betrokke wat hierdie visie ’n werklikheid gemaak het.

Het julle al hierdie pragtige gedaanteverwisseling raakgesien? Laat weet ons in die kommentaar!

Address

Kuils River
Kuils River
7580

Telephone

+27834070400

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Beautify Kuils River Project NPC posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share