VF Plus Lourens Gouws - Mogale City

Contact the organization

VF Plus Lourens Gouws - Mogale City Updates about service delivery in Mogale City

29/10/2026
28/10/2026

Ons kan die situasie verander oor 7 dae van vandag.......

Dit is uiters belangrik dat almal gaan stem op 4 November 2026,verander die landskap van ons geliefde Krugersdorp.......

πŸ—³πŸ—³πŸ—³Stem op al 3 stembriewe VF PlusπŸ’šπŸ’šπŸ’š

VF Plus Lourens Gouws - Mogale City
VF Plus Amy Steyn - Mogale City
Tjaart Steenkamp VF+
Jaco Mulder

28/10/2026

Die VF Plus het vandag ’n amptelike klag ingedien by die Gautengse LUR vir omgewingsake, Evan Botha, en dring aan op ’n onmiddellike ondersoek na gereelde brande by ’n komposvervaardigingsperseel in Stasiestraat, Lewisham, Mogale City.

Die verstikkende rook en ondraaglike reuk uit die perseel laat talle inwoners van Krugersdorp met erge ongemak. Geen gemeenskap behoort aan sulke gesondheids- en omgewingsrisiko’s blootgestel te word nie.

______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://tinyurl.com/nzjxn3m6

🀝🏻🀝🏻Sigbaarheids Aksie Noordheuwel πŸ—³πŸ—³VanmΓ΄re was een van die beste Sigbaarheids aksies wat die Vryheidsfront Plus Kruger...
24/10/2026

🀝🏻🀝🏻Sigbaarheids Aksie Noordheuwel πŸ—³πŸ—³

VanmΓ΄re was een van die beste Sigbaarheids aksies wat die Vryheidsfront Plus Krugersdorp gehad het......

Die inwoners is gereed vir verandering en om op die 4de November 2026 op al 3 stem briewe hul kruisie te trek agter die VF Plus.

Die VF Plus groei nie net in Suid-Afrika nie maar in Krugersdorp gaan ons saam met inwoners die munisipaliteit omdraai en Mogale City weer herstel .

Ons is elke dag bevooreg om u te dien in ons pragtige dorp πŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’š

VF Plus Amy Steyn - Mogale City
Tjaart Steenkamp VF+ Monette Gouws
Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus
VF Plus - Mogale Plaaslike Munisipaliteit

23/10/2026

❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️❌️

Die Vryheidsfront Plus steun nie die waardevermindering van bates nie. Daar is te veel vraΓ« en die vraag oor sou die waardevermindering so drasties gewees het as onderhoud plaas gevind het.

Die Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus in Mogale City doen die oorsig en virseker so inwoners se belang word eerste gestel!

πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³
Op 4 November 2026 stem VF Plus op al 3 stembriewe! πŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’š

22/10/2026

πŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’š
Groen Aksie op die h/v Shannon & Bell Str
Krugersdorp Wyk 21
πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„πŸŒ„

Sterkte aan elke leerling wat in die laaste dae van voorbereiding is vir die eksamen.πŸ“šπŸ“šπŸ“šπŸ“šπŸ“š

Mag dit ñ mooi dag wees vir elke inwoner van ons geliefde Krugersdorp 🀲🀲🀲🀲🀲🀲🀲🀲🀲

13 dae voor die munisipale verkiesing,dan het u as inwoners die geleentheid om die dorp groen te maak en ons dorp weer aan die herstel en werk te kry.....🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🚧🚧🚧πŸ’ͺπŸ’ͺπŸ’ͺ

πŸ—³Stem VF Plus op al 3 stembriewe 4 November

VF Plus verwerp Mogale City-begrotingsaanpassing van R160 miljoenMediaverklaring uitgereik deur:Lourens GouwsVF Plus-raa...
21/10/2026

VF Plus verwerp Mogale City-begrotingsaanpassing van R160 miljoen

Mediaverklaring uitgereik deur:
Lourens Gouws
VF Plus-raadslid: Mogale City-plaaslike munisipaliteit
21 Oktober 2026

Die VF Plus het vandag teen die Mogale City-plaaslike munisipaliteit se voorgestelde 2026/27-begrotingsaanpassing van R160 miljoen vir waardevermindering en batevermindering gestem weens onvoldoende inligting om die noodsaaklikheid en omvang van die aanpassing behoorlik te beoordeel.

Inwoners van Mogale City het die reg om te weet hoe hul belastinggeld bestuur word en waarom so ’n beduidende aanpassing nodig geword het.

Hoewel waardevermindering en batevermindering gevestigde rekeningkundige praktyke is, behoort groot finansiΓ«le aanpassings slegs goedgekeur te word nadat voldoende verduidelikings en motiverings aan die raad verskaf is.

Verskeie vrae is tydens die bespreking geopper oor die samestelling van die voorgestelde bedrag, die berekeninge waarop dit gegrond is en die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die aanpassing.

Daar moet duidelikheid wees oor hoeveel van die bedrag verband hou met waardevermindering, hoeveel aan batevermindering toegeskryf word en watter gedeelte betrekking het op skuldverswakking. Daar moet ook verduidelik word waarom die oorspronklike begroting nie voldoende voorsiening hiervoor gemaak het nie.

Verantwoordbaarheid en deursigtigheid moet die hoekstene van goeie munisipale bestuur wees. Besluite wat ’n direkte invloed op die munisipaliteit se finansiΓ«le posisie het, moet met die nodige omsigtigheid geneem word en altyd die belange van belastingbetalers en inwoners voorop stel.

Die VF Plus sal aanhou om moeilike vrae te vra wanneer openbare geld op die spel is. Doeltreffende oorsig vereis dat finansiΓ«le besluite en begrotingsaanpassings deeglik ondersoek word om te verseker dat openbare fondse verantwoordelik bestuur word en dat die munisipaliteit sy kernverantwoordelikhede teenoor inwoners nakom.

Inwoners van Mogale City verdien ’n munisipaliteit wat hul geld met sorg bestuur, sy infrastruktuur beskerm en volhoubare dienslewering prioritiseer. Hulle verdien ook ’n administrasie wat bereid is om volledig rekenskap te gee van belangrike finansiΓ«le besluite.

Die VF Plus bly daartoe verbind om streng oorsig toe te pas, verantwoordbaarheid af te dwing en die belange van inwoners eerste te stel.

Goeie bestuur, finansiΓ«le dissipline en deursigtigheid is noodsaaklik om vertroue in die munisipaliteit te herstel en ’n beter toekoms vir Mogale City te verseker.

Navrae: 082 558 8271

πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³βŒοΈβŒοΈβŒοΈβŒοΈβŒοΈπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šDie 4de November 2026 is slegs 3 weke weg en die Vryheidsfront Plus maak gereed om  Krugersdorp voo...
13/10/2026

πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³πŸ—³βŒοΈβŒοΈβŒοΈβŒοΈβŒοΈπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’šπŸ’š

Die 4de November 2026 is slegs 3 weke weg en die Vryheidsfront Plus maak gereed om Krugersdorp voorentoe te neem en die verval aan te spreek en daadwerklik op te tree en herstel te bewerk in elke department.

Inwoners is en moet ten alle tye die top prioriteit bly van elke munisipaliteit.

Met krag verliese van oor die 7% en water verliese oor die 38%,kan Mogale City nie bekostig om nog verder onder die Anc/Eff koalisie te wees vir die volgende 5 jaar nie!!

Die VF Plus is die standvastige koalisie vennoot in Krugersdorp.🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻🀝🏻

Dit is al duidelik vir Γ± geruime tyd dat GEEN EEN PARTY,nie net Mogale City nie maar basies GEEN munisipaliteit gaan oorneem nie.

******* Dit is net goeie nuus!!! Geen besluite word deur slegs een persoon of party geneem nie,daar MOET geraadpleeg word met vennote en rolspelers.
Oorsig word toegepas en elke inwoner en munisipaliteit gaan baat hierby*********

πŸ—³πŸ—³Maak U stem sterk in KrugersdorpπŸ’šπŸ’š

Stem Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus op al 3 stem briewe die 4de November 2026 en maak so seker U stem gaan nie verlore by ñ party wat nie U waardes en denke verteenwoordig nie!!❌️❌️❌️

Address

Krugersdorp

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VF Plus Lourens Gouws - Mogale City posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to VF Plus Lourens Gouws - Mogale City:

Shortcuts

Share


Other Community Services in Krugersdorp

Show All