20/10/2026
Ons wil die president van Overvaal VLU, Barbara Nell, geluk wens met haar verkiesing as vise-president van SAVLU. Ons het haar leer ken as ñ persoon met waardes, leierskap en integriteit. Barbara se missie is om vrouens te bemagtig, en sy sal berge versit om dit te bereik. Ons tak is versekerd daarvan dat sy baie waarde sal toevoeg tot die SAVLU bestuur. Ons goeie wense vergesel haar.