Klein-Brakrivier VLV

Website

Klein-Brakrivier VLV Dit is ‘n vroue organisasie vir persoonlike groei. Besoek https://vlv.co.za/ vir meer inligting.

Tema 2026: Ons krag lê in spanwerk
Projek 2026: Van tuin tot tafel

Dis Saterdag, ek bederf julle. Hier is 'n rympie wat Ina Louw oor die verdwene teedoek opgedis het. Die teedoek raak weg...
31/10/2026

Dis Saterdag, ek bederf julle. Hier is 'n rympie wat Ina Louw oor die verdwene teedoek opgedis het.

Die teedoek raak weg
Ina Louw – Klein-Brakrivier VLV

Na die kongres word mevrou van Breda,
as borduurder van formaat, gevra,
of sy die doek se werk sal finaliseer
en saam bring volgende keer.

Haar lewe spring erg van sy spoor,
toe sy kort daarna haar moeder verloor.
Die teedoek val in vergetelheid,
en haar lewe gaan voort met sy eie besigheid.

Hul verhuis na die familieplaas en moet bande breek,
die doek trek saam na ‘n gans nuwe streek.
Geen gedagte word weer aan die doek gewy,
totdat dogters jare later oor die erfgoed stry.

Niemand wis wat die doek verteenwoordig.
Hul kan sien dis spesiaal en eiesoortig,
maar hoe sal hul die oorsprong naspeur?
Hul vermoed dit het lank gelede gebeur.

In ‘n vergeelde foto-album van lank terug,
sien hul VLV-fotos en sug.
Hul Ma was ‘n voorslag en beslis betrokke.
Hul onmiddelike besluit is onverskrokke.

Hul gaan die name op die doek opspoor,
en hopelik die ware verhaal hoor.
Na vele gesukkel en gesoek,
spoor hulle iemand op met Faceboek.

Sy is heel bejaard en tingerig,
maar met geduld en effe singerig,
vertel sy hul die verhaal van die doek,
en hoe hul na die huidige bestuur kan soek.

Die doek keer terug na die VLV,
maar van die dames leef toe niemand meer.
Die potloodname is dof en nie meer relevant.
So word besluit: Dit was ‘n pragtige band,
maar ons sal ons eie tradisie totstand bring,
deur ons invloed in ons gemeenskap te laat uitkring.

Al is daar nou geen geborduurde doek,
weet ons die VLV is nie op soek.
Hul ken hul plig en is doelgerig aan’t werk,
om die trefkrag van die VLV te versterk.

Soos belowe, gaan ek die teedoek se stories deel. In 1931 het 'n teedoek by die VLV-kongres weggeraak en ons kon in 2026...
31/10/2026

Soos belowe, gaan ek die teedoek se stories deel. In 1931 het 'n teedoek by die VLV-kongres weggeraak en ons kon in 2026 wonder daaroor. Hierdie is 'n storie wat Retha Nagel, van ons eie tak daaroor geskryf het.
Geniet.

Wat het van die teedoek geword?
‘n Kortverhaal geskryf deur Retha Nagel van Klein-Brakrivier VLV
Dis Woensdagoggend. Teen 11:00 sit ek op die stoep met my gebruiklike koppie rooibostee in die hand. Ek kyk uit oor die see waar ‘n skool dolfyne in die branders baljaar. Skielik verlang ek sommer net na my ou moederlief. Dolfyne het haar altyd so gefasineer. My gedagtes kry koers op die rug van ‘n dolfyn …

Ek onthou haar hande. Die hande met die ou krom vingers wat deur die ouderdom en artritis so misvorm het, het vir niks verkeerd gestaan nie. Ek kon my altyd verkyk hoe sy so noukeurig borduurwerk sou doen, met die fynste gare die pragtigste hekelwerk gedoen het. Bak en brou in die kombuis om ‘n koningsmaal telkemale voor te sit. Ai, en al die stories en staaltjies uit vervloë dae, het my aangegryp.

Juis so ‘n storie wat my steeds bybly, was dié van ene tannie Gesie van der Spuy van Uniondale. ‘n Statige dame en oujongnooi. Sy was bevriend met my ouma Dora en saam met tant Christina Meiring, was die drie ‘n gedugte span in die kontrei. Hulle was betrokke by die kerk, gemeenskapsdiens verrig en lede van die VLVKP. Tydens die 3e jaarlikse Kongres destyds in 1931, was daar glo ‘n stuk materiaal aangekoop om as ‘n teekleed gebruik te word. ‘n Versoek was gerig dat die nagenoeg 146 afgevaardiges orals hul handtekeninge en naam van die dorp wat hul sou verteenwoordig,daarop moes aanbring. ‘n Vrywilliger was gevra om dit lateraan te borduur.

Tant Gesie het die uitdaging aanvaar aangesien sy ‘n voorslag met naald en gare was. O, ek kan my net voorstel hoe sy met soveel toewyding elke borduursteek fyn en kunstig borduur het. Met loop- of stikstekies sou die komplekse handtekeninge en name noukeurig gewerk word en die ander korter en eenvoudige name met kettingsteke. Daar waar sy voor die ou AKA-stoof gesit het, het sy sekerlik ook die swart gietysterpotjie wat as die amptelike embleem aanvaar was, in die middel van die kleed ingewerk. Die koffiepot sou geduldig prut. Die geur van anysbeskuit wat in die oond bak en deur die hartbeeshuisie draal. Die radio in die agtergrond wat haar geselskap was. Hierdie kleed moes ‘n pragstuk word wat vir die nageslag bewaar moet word.

Maar dit was moeilike jare met die Groot Depressie wat almal platgeslaan het. Moeder het vertel dat luukshede maar skaars en peperduur was. Klere en handdoeke was gemaak uit gebruikte katoenmeelsakke asook voersakke. As kinders moes hul maar tevrede gewees het om gebruikte en herstelde klere te dra. Tussen al die swaarkry deur, het tant Gesie die dogters van die dorp geleer om te borduur sodat hul rokkies en ander kledingstukke darem versier was met blomme en allerlei mooi patrone.

Tog het die tyd nie stil gestaan nie en op 1 September 1939 breek die Tweede Wêreldoorlog uit. Op die radio word versoeke gerig vir vrywilligers om nie net toe te tree tot die gevegsfront nie, maar ook om hulp te verleen waar nodig. Net daar besluit die drietal dat hulle by die Rooikruis gaan aansluit om by veldhospitale en elders te gaan diens doen.

Ouma Dora, ‘n weduwee op daardie tydstip, het die huishouding aan my moeder en haar ouer suster oorgelaat. Die twee oujongnooiens, tantes Christina en Gesie het hul persoonlike besittings opgepak en op die solder van ouma se huis gaan stoor.

Deur die loop van die oorlog, het enkele poskaarte uit Noord-Afrika en later Italië darem Uniondale bereik. So kon die huismense ‘n idee kry waar die drietal hulself bevind en wat als gebeur. Daar kon ook weer iets spesiaal terugstuur word van die tuisfront. Die laaste nuus was dat ouma Dora en tant Christina hul in Bari bevind het. Dit was ‘n hawestad aan die Adriatiese kus waar ‘n groot hospitaalsentrum gevestig was. Tant Gesie was ontplooi om in Anzio diens te gaan doen.

Met die vredesverdrag het die oorlog amptelik op 2 September 1945 tot ‘n einde gekom en kon die vrywilligers en ander stelselmatig weer terugkeer na hul onderskeie geboortelande. Moeg, verslae maar tog dankbaar, het ouma Dora en tant Christina in die loop van 1946 teruggekeer. Kort na hul aankoms in Uniondale, sterf tant Christina egter aan ‘n hartaanval. Tant Gesie was deel van die verpleegsterskorps en mediese personeel op ‘n tegnies drywende hospitaal, die HMHS St. David, wat gekoppel was aan die veldhospitale, diens gedoen het. ‘n Duitse geleide missiel het egter die vaartuig op 24 Januarie 1944 vlak voor die kus van Anzio gekelder en die lewens van sowat ses-en-negentig mense geëis, waaronder ook tant Gesie. Helaas was net ouma oor van die “Three Musketeers” soos hul hulself genoem het.

Die lewe moes egter sy gang neem en stelselmatig het tye verbeter. Met my moeder se voornemende troue op die 4e Oktober 1947, het sy ouma Dora gehelp om die goed op die solder uit te sorteer. Die wa-kis met tant Gesie se besittings was nog onaangeraak. Groot was hul verbasing toe hul op die byna voltooide geborduurde teekleed onder in die kis afkom! Netjies opgevou met ‘n string gare aan ‘n naald daarby. ‘n Nota in tant Gesie se netjiese handskrif het gelui:

“Teekleed van die VLVKP met liefde en sorg geborduur deur Gesina Johanna Van der Spuy. Uniondale 1939.”

Dis toe dat moeder die berig in die Huis & Haard van 1945 onthou waarin ‘n navraag verskyn het oor die status van die kleed?! Die laaste paar siersteke van Mev. Jossie Ackermann se naam en titel het nog ontbreek. Met deernis en goeie herinneringe aan haar dierbare vriendin, het ouma dit voltooi. En so kon die besondere stuk handwerk terugbesorg word om nog by vele kongresse na 1947 gebruik te word.

Die krys van ‘n seemeeu ruk my terug na die hede en ek hoor my moeder se stem weerklink in die breek van die golwe: “My kind, onthou dat die VLVK jou altyd nuwe vaardighede sal leer om jou weerbaar te maak, sodat jy met jou unieke genadegawes jou huis, gemeenskap, land en Hemelse Vader kan dien met ywer en liefde.”

Ek moet tog gaan inloer by die Jubileumhuis in Dorpstraat 126, Stellenbosch as ek in daardie omgewing kom sodat ek weer na die pragstuk op uitstalling aldaar kan gaan kyk wat met soveel sorg borduur is.

Die tweede strokiesprent wat vanaf Klein-Brakrivier ingedien was, weer met behulp van AI, was afkomstig van Ina Louw.
29/10/2026

Die tweede strokiesprent wat vanaf Klein-Brakrivier ingedien was, weer met behulp van AI, was afkomstig van Ina Louw.

Die VLV-dames van Klein-Brakrivier het hard en duidelik geblaf toe daar 'n oproep was om die verdwyning van die VLV-teed...
29/10/2026

Die VLV-dames van Klein-Brakrivier het hard en duidelik geblaf toe daar 'n oproep was om die verdwyning van die VLV-teedoek te verklaar.
Daar was nie minder as vyf bydraes nie. Twee is strokiesprente, wat met behulp van AI gemaak is. Die eerste een was van Lydie Terblanche.

By ons Potpourri byeenkoms het een van ons gaste ook verjaar. Baie geluk Tilla.
28/10/2026

By ons Potpourri byeenkoms het een van ons gaste ook verjaar. Baie geluk Tilla.

Ons Potpourri byeenkoms van 27 Okt deel 4.Ons het gesing en ysbrekers gedoen.Die videos van ons singers bly eers privaat...
28/10/2026

Ons Potpourri byeenkoms van 27 Okt deel 4.

Ons het gesing en ysbrekers gedoen.
Die videos van ons singers bly eers privaat. Ons oefen nog.
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Ons Potpourri byeenkoms deel 3.Ons het lootjies gehad en steeds kompetisie-items ingedien. Die koeke het vir die kamera ...
28/10/2026

Ons Potpourri byeenkoms deel 3.

Ons het lootjies gehad en steeds kompetisie-items ingedien. Die koeke het vir die kamera weggekruip.
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Ons Potpourri vergadering deel 3.Die Kuns en handvlyt aktiwiteite was prettig.Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
28/10/2026

Ons Potpourri vergadering deel 3.

Die Kuns en handvlyt aktiwiteite was prettig.

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Ons Potpourri byeenkoms op 27 Oct, deel 2.Ons saal was "onversier" met swartsakke as tafeldoeke. Dit was om al ons take ...
28/10/2026

Ons Potpourri byeenkoms op 27 Oct, deel 2.

Ons saal was "onversier" met swartsakke as tafeldoeke. Dit was om al ons take te doen en lekker te mors.
Eetgoed in oorvloed. Die verjaarsdae was Retha Nagel, Ansie Venter, Ina Louw, Ria van Straaten, Leola Leola Esterhuizen, Adene Grey, Petro Reinke, Eva Bouw, en Jenny Spangenberg.

By vandag (27 Okt) se POTPOURRI byeenkoms het ons die insette van al ses ons studierigtings baie geniet.Ek gaan hulle in...
27/10/2026

By vandag (27 Okt) se POTPOURRI byeenkoms het ons die insette van al ses ons studierigtings baie geniet.

Ek gaan hulle in sarsies deel. Die hoogtepunt was die Landbou en Tuinbou se tafelversiering wat ons uit tuinmateriaal gemaak het.

Address

Kaaimans Avenue
Klein-Brakrivier
6503

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klein-Brakrivier VLV posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share


Other Klein-Brakrivier non profit organizations

Show All