Labeo Hengel Klub/Angling Club - Eden

Labeo Hengel Klub/Angling Club - Eden Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Labeo Hengel Klub/Angling Club - Eden, Nonprofit Organization, Hartenbos.

🎣πŸ”₯ KRY JOU GOOIARM REG! πŸ”₯🎣Labeo Hengel Klub nooi alle hengelaars, manne, dames en juniors om deel te wees van ’n dag vol...
16/06/2026

🎣πŸ”₯ KRY JOU GOOIARM REG! πŸ”₯🎣

Labeo Hengel Klub nooi alle hengelaars, manne, dames en juniors om deel te wees van ’n dag vol aksie, kompetisie en groot pret by ons Kol-en-Vergooi Kompetisie!

Of jy nou kompeteer vir bragging rights, jou vaardighede wil toets, of net ’n lekker dag saam mede-hengelaars wil geniet, hierdie is die kompetisie vir jou! πŸ†

🎯 Toets jou akkuraatheid
🎣 Wys jou gooiwerk
🀝 Ontmoet nuwe hengelvriende
πŸ”₯ Geniet die kompetisie-atmosfeer

Bring jou familie, jou vriende en jou kompetisiegees saam. Daar gaan lekker gegooi, lekker gelag en hard gekompeteer word!

πŸ“ HoΓ«rskool Outeniqua
πŸ“… 11 Julie 2026
⏰ Registrasie vanaf 07:00
πŸ’₯ Kompetisie begin 09:00

Moenie uitmis nie β€” merk jou kalender en kom wys wat in jou steek! πŸŽ£πŸ†

🎣 Wees deel van die Labeo Hengel Klub-gemeenskap!Hou jy van hengel, kompetisies, klubaktiwiteite en om op hoogte te bly ...
11/06/2026

🎣 Wees deel van die Labeo Hengel Klub-gemeenskap!

Hou jy van hengel, kompetisies, klubaktiwiteite en om op hoogte te bly van alles wat by die klub gebeur?

πŸ‘ Like ons Facebook-blad
πŸ“² Volg ons vir die nuutste nuus
πŸ”„ Deel die blad met jou vriende en familie

Elke like, volg en deel help ons om die klub verder te laat groei.

Baie dankie vir julle ondersteuning!

:::

🎣πŸͺΎβ„️ 2026 se winterhengel gaan voort by Harold Dam ❄️πŸͺΎπŸŽ£Saterdag het ons almal weer bymekaar gekom vir ons Junie-klubkomp...
11/06/2026

🎣πŸͺΎβ„️ 2026 se winterhengel gaan voort by Harold Dam ❄️πŸͺΎπŸŽ£

Saterdag het ons almal weer bymekaar gekom vir ons Junie-klubkompetisie by Harold Dam.

Hoewel die reΓ«lings op die laaste nippertjie in plek gekom het, was dit wonderlik om weer 'n oewer vol hengelaars te sien. Die opgewondenheid, geselskap en gees van die dag het gewys hoe baie ons hierdie geleenthede geniet!

πŸ† Uitslae vir die dag:

πŸš€GASTE:
πŸ₯‡-

🐟 PENKOPPE (o13):
πŸ₯‡ Nica-Mari du Toit
πŸ₯ˆ Johan van Rensburg
πŸ₯‰ Fourie van Rensburg

🎯 JUNIORS (o19):
πŸ₯‡ -

🌸 DAMES:
πŸ₯‡ Lillian Kruger
πŸ₯ˆ Esme Furstenberg

πŸ’ͺ SENIORS / MEESTERS:
πŸ₯‡ Wessel Mienie
πŸ₯ˆ Pieter Reitsma
πŸ₯‰ Johan Mienie

🐠 Grootste spesies vir die dag:
β€’ Karp – 2.150 kg – Johan van Rensburg

Tot volgende keer, stywe lyne aan almal en mag die winter nog baie mooi visse en goeie herinneringe oplewer! πŸŽ£β„οΈ

Sien julle by die KOL EN VER GOOI KOMPETISIE

Labeo is ongelooflik trots op ons hengelaars se indrukwekkende prestasies by die Eden Prysuitdeling. Dit wys duidelik ho...
29/05/2026

Labeo is ongelooflik trots op ons hengelaars se indrukwekkende prestasies by die Eden Prysuitdeling. Dit wys duidelik hoeveel harde werk, passie en toewyding in hierdie klub leef.

Die momentum wat tans opgebou word, is werklik besonders en bring groot opgewondenheid vir wat 2026 inhou.

Baie geluk aan elke hengelaar wat β€˜n bydrae gelewer het tot hierdie prestasies β€” julle dra die Labeo-naam met trots!

Foto Krediet: Life through my lens

🎣πŸͺΎβ„️2026 se winter henge skop af❄️πŸͺΎπŸŽ£Saterdag het ons almal by mekaar gekom om ons Mei klub kompetisie te hengel by Harte...
24/05/2026

🎣πŸͺΎβ„️2026 se winter henge skop af❄️πŸͺΎπŸŽ£

Saterdag het ons almal by mekaar gekom om ons Mei klub kompetisie te hengel by Hartebeeskuil Watersport .

Die EDEN VARSWATER HENGEL FEDERASIE Penkoppe het ook hulle oefendag gaan ons gehad en hulle uitslae was besonders!

πŸ† Uitslae vir die dag:

πŸš€GASTE:
πŸ₯‡Tyron

🐟 PENKOPPE (o13):
πŸ₯‡ Lea Barnard
πŸ₯ˆ Fourie van Rensburg
πŸ₯‰ Dylan Nasilowski

🎯 JUNIORS (o19):
πŸ₯‡ -

🌸 DAMES:
πŸ₯‡ Esme Furstenberg
πŸ₯ˆ Lillian Kruger

πŸ’ͺ SENIORS / MEESTERS:
πŸ₯‡ Gert van der Merwe
πŸ₯ˆ Heino Skarupke
πŸ₯‰ Pine Pienaar

🐠 Grootste spesies vir die dag:
β€’ Karp – 3.600 kg – Heinrich Scholtz
β€’ Barber – 2.100 kg – EsmΓ© Furstenberg
β€’ Kurper – 0.800 kg – Lea Barnard

πŸ‘ Baie dankie vir ’n fantastiese dag vol goeie gees en puik deelname!
Dankie vir die goeie sportmansgees lanks die oewer.
Ons sien uit na die volgende kompetisie! πŸŽ‰πŸŽ£

Gelukkige Moedersdag aan al die MAMMAS!Dankie vir al die kospakkies, pleisters en motivering wat julle saamstuur dam toe...
10/05/2026

Gelukkige Moedersdag aan al die MAMMAS!

Dankie vir al die kospakkies, pleisters en motivering wat julle saamstuur dam toe.

Ons sal dit nie sonder julle liefde, ondersteuning en omgee kan doen nie. Julle maak regtig ’n groot verskil!

Sterkte mΓ΄re aan ons Labeo Hengelaars wat hulle yster gaan wys by die 2de Eden proewe!Geniet dit, hou die lyne styf en w...
08/05/2026

Sterkte mΓ΄re aan ons Labeo Hengelaars wat hulle yster gaan wys by die 2de Eden proewe!

Geniet dit, hou die lyne styf en wys vir almal waaruit Labeo gemaak is. Ons staan trots agter julle en weet julle gaan die klub met trots verteenwoordig.

Mooi gooi manne, en mag die groot visse byt! 🎣πŸ’ͺ

Ons wil graag al ons hengelaars wat oppad is na die Champ of Champs baie geluk en sterkte toewens.Dis ’n groot prestasie...
29/04/2026

Ons wil graag al ons hengelaars wat oppad is na die Champ of Champs baie geluk en sterkte toewens.

Dis ’n groot prestasie om Eden daar te verteenwoordig, en ons is trots op elkeen van julle. Geniet elke oomblik, hou die gees hoog en maak die beste van die geleentheid.

Ry asseblief veilig en onthou om julle beste te gee. Ons staan agter julle en hou duim vas vir goeie uitslae!

🎣Pollie ons gaan Paarl toe! 🎣Sjoe, wat ’n ongelooflike lekker toer was dit saam met Labeo na die Paarl se kant toe!Liefl...
28/04/2026

🎣Pollie ons gaan Paarl toe! 🎣

Sjoe, wat ’n ongelooflike lekker toer was dit saam met Labeo na die Paarl se kant toe!

Lieflike verblyf by Middelplaas Paarl Guesthouse, heerlike kos en nog beter geselskap het diΓ© naweek besonders gemaak. Dankie aan elkeen wat dit so spesiaal gemaak het.

Hier is die algehele uitslae van Labeo Toer 2026:

πŸ₯‡ Algeheel Top 3:

1. Pine Pienaar (37)
2. Louis van Rensburg (34)
3. Lukas Barnard (32)

Baie geluk manne!

Grootste visse:
🎣 Karp – 3.610 kg: Jaco Lombard
🎣 Kooi – 1.000 kg: Jaco Lombard
🎣 Barber - 1.270kg: Jaco Lombard
🎣 Kurper – 0.100 kg: Lea Barnard

Dit was regtig ’n fantastiese toer, en ons sien klaar uit na die volgende een in 2027!

Address

Hartenbos
6520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Labeo Hengel Klub/Angling Club - Eden posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Labeo Hengel Klub/Angling Club - Eden:

Share