Boer met PTSD.

Boer met PTSD. Ek is Dean Barnard en sukkel met Geestes gesondheid. Hier vertel ek my storie en hoe Jesus my red

Jammer lanklaas 'n video gemaak. Sal een van die dae weer.Besig met Voorbereiding vir 'n Pa en Seun aand more aand.Al di...
04/02/2026

Jammer lanklaas 'n video gemaak. Sal een van die dae weer.

Besig met Voorbereiding vir 'n Pa en Seun aand more aand.

Al die klippe wat ons saam dra en nie oor praat nie wat ons aftrek en ons rugsak laat breek.

Gesels oor jou klippe wat so swaar op jou lê

24/10/2025

Net 'n gedagte.
Ons moet die regte vrugte kies.

Lichtenburg 😭✝️🙏 Jammer Dit is lank.Ek was bevoorreg om op 10 Okt 2025 Lichtenburg te besoek en 2 praatjies te doen. Die...
22/10/2025

Lichtenburg 😭✝️🙏 Jammer Dit is lank.

Ek was bevoorreg om op 10 Okt 2025 Lichtenburg te besoek en 2 praatjies te doen. Die oggend verras 'n ou skool pel my by die oggend sessie, dit was awesome om hom weer te sien.

Lichtenburg het my Mentally gebreek. Ek was nooit voorberei vir wat kom nie. Ek het hierdie ruis aangepak omdat ek glo die Here het dit op my hart gesit om my storie te vertel.

19 Sept 2025 kry ek die oproep van 'n dame van NWK wat vra of ek 'n praatjie sal kom doen. Hulle het so pas 'n jongboer van 32 verloor aan selfdood. Jong getroud met 'n vroutjie en 3 kindertjies wat agterbly. Die jongste 18maande. Dit ruk my siel. Na die oproep is ek na die wit dam om te bid en huil. Ek het myself in daardie posisie gesit waar ek in 2021 wou selfmoord pleeg. Hou moes my vrou met ons 2 kids aangaan? Hoe gaan die mamma Cope? en die vrae maal in my kop.

So met die opbou na 10 Oktober vir die praatjie kom daar nog een by. Ek begin twyfel of ek reg is vir die ruis. Hoe kan ek mense help as ek self nou weer sukkel. Ek begin agterkom my angs begin weer optel. Urbinol dalk een 'n week na 4 'n week na een 'n dag. Die vrae hoekom ek? hoekom moet ek dit doen? Hoe kan ek mense help as ek self swaar kry.

10 Okt.
Daar is so 15-20 mense by praatjie. ek kan sien daar is mense wat sukkel. Praatjie gaan goed of so d**k ek jy sal nooit weet of jy iemand gehelp het nie. Ek kuier lekker saam ou skool pel.
Stres vir vanaand se praatjie by jongboer afsluiting. Daar gekom en word op die hande gedra deur NWK. Baie dankie NWK julle is tops.

Ek ontmoet voor die praatjie die jong dame waaraan ek die afgelope tyd so d**k en vir wie ek bid. Sys sterk, baie sterk. Ek besef dit kon my vrou se pad ook gewees het. Ek doen my praatjie.

As jy 'n praatjie doen oor Geestes gesondheid sien jy wie kry swaar. Dit is moeilik om oor die goed te praat maar dit is nodig. Na die tyd chat mens maar bietjie hier en daar. Ek is geestelik moeg na so praatjie want ek maak my diepste seer elke liewe keer oop.

Volgende oggend "Saterdag" ry ons terug huis toe. Ek begin stil raak, my lag is weg, my moeg is moeg. Ek kry mos Dinsdag 'n skouer operasie dit is seker dit. Die urbinol trek nou al op 1 tot 2 'n dag. Sondag wil ek die operasie kanselleer want hier is te veel werk maar ek is bang ek gaan dood. wat van my vrou en Kids.

Dinsdag oggend Operasie gedoen en my wonderlike vrou ry terug met 'n slapende man terug huis toe. Die angs druk want wat as die beste skouer spesialis nonsens aangejaag het. Vrydag begin die duiseligheid my slaan, Saterdag slaap ek heel dag wil nie eers op staan nie. Sondag druk dinge in my lyf. 2-3 urbinols per dag al. Maandag oggend toe ek my kind groet omdat sy koshuis toe gaan toe breek ek. Wat as dit my laaste keer is wat ek haar sien. Ek huil non stop. Ek is bang ek wil nie alleen wees nie want wat as iets gebeur. Ek begin d**k om my praatjie die naweek in Calvinia te kanselleer. Ek bel my trauma berader en sê hier is fout.

Lichtenburg het iets in my verlede los gemaak wat nie afgehandel was nie. Ek kry my terapie sessie en huil my trane op na 2 urbinols was daar nog emosie dan moet jy weet. Ek besluit ek is klaar met die praatjie my gesondheid kry swaar, my angs is hoog. Hoe kan ek 550km na Calvinia ry en terug ry as ek duiselig bly en met angs. Hoe praat ek voor die boere.

Ek besef weereens daar is dinge in ons verlede wat eers afgehandel moet word voor ons kan genees. As die Here my wil gebruik gaan ek dit doen. Ek het 'n ondersteuning netwerk wat skrik vir niks.

Ek het 'n Carla wat die stukke optel. Ek het 'n Carla wat seker 5 -10 keer per dag na my hartklop moet luister. Ek het 'n Carla wat vir my sê liefie dit is okey die duiwel val jou aan want jy werk vir die Here. Ek het 'n Carla wat my troos as ek huil. Ek het 'n Carla wat ondersteuning deur die tye en elke praatjie. Ek het 'n Carla wat vir my sê doen Calvinia dalk is dit jou laaste een jy weet nie wie jou daar nodig het nie. Ek het 'n Carla wat 'n stukkende man lief het. Ek het 'n Carla wat my probeer optel deur die swaar en geniet in die lekker tye. My Carla is die vrou wat 'n man nodig het sy is gestuur van die Here om my te ondersteun. Ek kan nie verder as George alleen ry nie want vrees en angs het my liefde vir alleen ry gesteel en Carla moet orals saam my ry. Dankie my vrou jy is die Yster wat dryf en ondersteuning gee. Maar ek weet my Carla raak ook moeg...

Ja dit is okay om nie okay te wees nie.
Ja ons met angs en depressie gaan lekker tye hé en ons gaan slegte tye hê. Ons kan net aan Jesus vashou. Jesus is Hoop. Jy is nie alleen nie. Selfmoord is nie 'n opsie nie. Daar buite is 'n Carla wat jou sal ondersteun en dra nes jy haar moet dra en ondersteun.
Petrus 5 vers 7.

Wees 'n Carla vir jou man.

Dankie Lichtenburg jy het 'n stukkie puzzel wat stukkend was vir my gewys en ons werk aan hom.
Calvinia dit gaan moeilik wees maar ons sien julle Saterdag.

24/09/2025

'n Jong Boer wat sy eie lewe geneem het verlede week het my hart geslaan. Ek het net weereens besef hoe groot probleem daar is met PTSD, Depressie ens.
PETRUS 5 VERS 7.

https://www.facebook.com/share/175XuKqzwi/

29/08/2025

Hier is die 1ste video na paar probeer slae nog nie perfek nie, verskoon die tong wat so hak.
Volg die link na Boer met PTSD.
JESUS IS HOOP
PETRUS 5 VERS 7.

https://www.facebook.com/share/175XuKqzwi/

Address

Waboomskraal
George
6530

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boer met PTSD. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share