11/06/2026
Veiligheidsdienste bring vreugde en waardevolle lesse aan Little Einsteins
GROOTBRAKRIVIER – Op 10 Junie 2026 het die GPF Grootbrakrivier, Midbrak Buurtwag, die SAPD se honde-eenheid en verkeersbeamptes 'n spesiale besoek aan die Little Einsteins-kleuterskool, Vorentoe Laerskool en Kleinbak kleurterskool gebring.
Die verkeersafdeling het die kinders op 'n interaktiewe wyse geleer oor padveiligheid en die belangrikheid daarvan om verkeersreëls te gehoorsaam. Die SAPD se honde-eenheid het intussen 'n indrukwekkende demonstrasie gelewer van hoe opgeleide polisiehonde help om misdadigers op te spoor en vas te trek. Die kinders het met groot belangstelling gekyk na alles wat die honde kan doen.
'n Hoogtepunt van die dag was toe die kinders die geleentheid gekry het om self met die honde te speel en van naderby kennis te maak met die vierbeen-beamptes. Hulle kon ook 'n ritjie in 'n polisievangwa geniet, wat vir baie van hulle 'n onvergeetlike ervaring was.
Benewens die opvoedkundige en prettige aktiwiteite, is die kinders ook bederf met handgebreide poppies en verskeie lekkernye, wat met groot opgewondenheid ontvang is.
Volgens Jacky Carstens, voorsitter van die GPF Grootbrakrivier, was die dag 'n groot sukses. Sy het haar dank en waardering uitgespreek teenoor almal wat hul tyd en hulpbronne beskikbaar gestel het om die besoek moontlik te maak.
"Mens sal nooit werklik weet watter groot impak so 'n dag op die kinders se lewens kan hê nie. Hierdie ervarings skep herinneringe, bou vertroue in ons veiligheidsdienste en kan selfs toekomstige drome inspireer," het Carstens gesê.
Die dag is afgesluit met glimlagte, opgewondenheid en waardevolle herinneringe wat die kinders nog lank sal koester. Die besoek het nie net opvoedkundige waarde gebied nie, maar ook gewys hoe gemeenskapsorganisasies en veiligheidsdienste saam kan werk om 'n positiewe verskil in jong mense se lewens te maak.
::
Safety Services Bring Joy and Valuable Lessons to Little Einsteins
GROOTBRAKRIVIER – On 10 June 2026, the Groot Brak River CPF, Midbrak Neighbourhood Watch, the SAPS K9 Unit, and Traffic Services paid a special visit to the Little Einsteins preschool.
The Traffic Department taught the children about road safety in an interactive and engaging manner, emphasizing the importance of following traffic rules. Meanwhile, the SAPS K9 Unit gave an impressive demonstration of how trained police dogs assist in tracking and apprehending criminals. The children watched with great interest as the dogs showcased their skills and abilities.
One of the highlights of the day was when the children had the opportunity to interact with and play with the police dogs. They were also given the chance to ride in a police van, an exciting experience that many of them will remember for years to come.
In addition to the educational and entertaining activities, the children were treated to hand-knitted dolls and a variety of sweets and treats, which were received with great excitement.
According to Jacky Carstens, Chairperson of the Groot Brak River CPF, the day was a tremendous success. She expressed her gratitude and appreciation to everyone who contributed their time and resources to make the visit possible.
“One can never truly know the lasting impact a day like this may have on a child’s life. These experiences create memories, build trust in our safety services, and may even inspire future dreams,” said Carstens.
The day ended with smiles, excitement, and treasured memories that the children will cherish for a long time. The visit not only provided valuable educational opportunities but also demonstrated how community organizations and safety services can work together to make a positive difference in the lives of young people.