Delmas Herleef

Delmas Herleef Delmas Herleef streef daarna om as gemeenskap saam te staan, saam te werk en saam ‘n verskil te maak!

Dankie aan die Delmas Herleef span en Afriforum vir julle insette en harde werk.Die hoërskool se pad begin regtig vorder...
30/04/2026

Dankie aan die Delmas Herleef span en Afriforum vir julle insette en harde werk.

Die hoërskool se pad begin regtig vorder! 🙌
Elke bietjie maak ’n verskil, en dit wys wat moontlik is as ’n gemeenskap saamstaan.

Spesiale dankie ook aan Cobus Human wat die klipgruis voorsien het om die gate op te vul, dit word opreg waardeer! 💪🏼

Saam bou ons, saam verbeter ons. 🚧👏

Wees Anders Saam Met Ons!

Dankie Delmas. Julle is Anders.
04/02/2026

Dankie Delmas.
Julle is Anders.

𝐃𝐄𝐋𝐌𝐀𝐒 𝐒𝐄 𝐔𝐈𝐓𝐃𝐀𝐆𝐈𝐍𝐆𝐒 - ’𝐍 𝐏𝐀𝐃 𝐕𝐎𝐑𝐄𝐍𝐓𝐎𝐄Delmas en die groter Victor Khanye-gebied staan voor ernstige uitdagings van water...
20/01/2026

𝐃𝐄𝐋𝐌𝐀𝐒 𝐒𝐄 𝐔𝐈𝐓𝐃𝐀𝐆𝐈𝐍𝐆𝐒 -
’𝐍 𝐏𝐀𝐃 𝐕𝐎𝐑𝐄𝐍𝐓𝐎𝐄

Delmas en die groter Victor Khanye-gebied staan voor ernstige uitdagings van watertekorte en kragonderbrekings en dit plaas druk op ons gemeenskap.

👉 Delmas Herleef nooi jou hartlik uit na ’n belangrike gesprek met SAKELIGA, waar ons saam d**k oor praktiese oplossings en ’n konstruktiewe pad vorentoe.

📅 Datum: 29 Januarie 2026
⏰ Tyd: 16:00
📍 Plek:
Hervormde Kerk Delmas (KFC)
🎤 Spreker:
Christo Bester (Sakeliga)

💡 Kom luister, vra vrae en wees deel van die gesprek wat ons dorp se toekoms raak.

📞 𝐑𝐒𝐕𝐏 𝐚𝐬𝐬𝐞𝐛𝐥𝐢𝐞𝐟 𝐯𝐨𝐨𝐫 𝐃𝐢𝐧𝐬𝐝𝐚𝐠, 𝟐𝟕 𝐉𝐚𝐧𝐮𝐚𝐫𝐢𝐞:
Martin van Rensburg – 083 633 7335
Madel Fourie – 082 388 1003

Saam kan ons Delmas laat herleef.

𝐕𝐚𝐧 𝐃𝐞𝐥𝐦𝐚𝐬 𝐇𝐞𝐫𝐥𝐞𝐞𝐟 𝐬𝐞 𝐤𝐨𝐦𝐢𝐭𝐞𝐞: ‘n Hartelike dank aan elke wykleier wat hierdie jaar omgesien het na elke wyk. Dit was n ...
11/12/2025

𝐕𝐚𝐧 𝐃𝐞𝐥𝐦𝐚𝐬 𝐇𝐞𝐫𝐥𝐞𝐞𝐟 𝐬𝐞 𝐤𝐨𝐦𝐢𝐭𝐞𝐞:

‘n Hartelike dank aan elke wykleier wat hierdie jaar omgesien het na elke wyk.

Dit was n jaar met vele uitdagings veral ten opsigte van water en krag.
Hieraan kon ons nie iets doen nie, maar daar is steeds n mooi klomp goed wat in ons dorp gebeur.

𝐎𝐧𝐬 𝐡𝐞𝐭 𝐝𝐢𝐞 𝐚𝐟𝐠𝐞𝐥𝐨𝐩𝐞 𝐣𝐚𝐚𝐫....

🌱Oor die 3,000 sakke vullis opgetel. ( 3 mense werk 3 x ‘n week)

🌱Parke en groot areas se gras gesny met ons trekker en slasher en 2 bushcutters

🌱Begraafplaas probeer instand hou ( groot uitdaging...gras groei asof hulle kunsmis kry🤦‍♀️)

🌱Bome water gegee en met pale probeer regop hou (pale word gesteel, maar ons maak nou nuwe planne!)

🌱Slaggate reggemaak ( Stephan Snyders het by oom Boet oorgeneem en hy werk saam met 2 mense. Hulle gaan Januarie voort hiermee)

🌱Wyk 2 en Delmas Wes se straatname geverf en van die stoptekens.

Alles kos geld en ons benodig ook fondse om voort te gaan. Dankie aan diegene wat bydraes gegee het!!

Ons het groot uitdagings
ja, maar ons bly steeds positief en bly saamwerk met die munisipaliteit ook.

Laat ons juis in hierdie Feestyd ‘n Christus gesindheid openbaar en Sy lig op so ‘n manier uitdra in ons dorp!🕊️🤍

Die Here se planne met Delmas staan vas🙏
Hiermee n geseënde Kersfees aan elkeen en mooi wense vir 2026🕊️

Liefdegroete
Martin van Rensburg
Madel Fourie en al ons komiteelede

𝟏𝟎 𝐍𝐮𝐰𝐞 𝐒𝐭𝐨𝐩𝐭𝐞𝐤𝐞𝐧𝐬 𝐆𝐞𝐩𝐥𝐚𝐧𝐭! Hierdie week het ons 10 stoptekens geplant en met sement vasgesit! ’n Groot dankie aan almal...
09/08/2025

𝟏𝟎 𝐍𝐮𝐰𝐞 𝐒𝐭𝐨𝐩𝐭𝐞𝐤𝐞𝐧𝐬 𝐆𝐞𝐩𝐥𝐚𝐧𝐭!

Hierdie week het ons 10 stoptekens geplant en met sement vasgesit!

’n Groot dankie aan almal wat gehelp het – ons waardeer dit opreg! 🙏

📍 Ligging van die nuwe stoptekens:

1️⃣ T-aansluiting van Huyser met Samuel
2️⃣ T-aansluiting van Aucamp met Samuel
3️⃣ T-aansluiting van 8ste Straat na Bredenkamp (Ons Eie Ouetehuis)
4️⃣ Hoek van 6de en 4de Straat by CJ Williams
5️⃣ en 6️⃣ Hoek van 5de en 3de Straat skuins oorkant Moederkerk – 2 stoptekens
7️⃣ Hoek van 4de Laan en 4de Straat (skuins oorkant Gewelhuis – A.S. Security)
8️⃣ Hoek van 6de en Van Riebeeck (oorkant LW)
9️⃣ T-aansluiting van 2de Laan met 6de Straat (6 Skin)
🔟 T-aansluiting na Samuelweg oorkant Munisipaliteit, naby Perfect Water

💪 Veiligheid in ons dorp is vir ons belangrik – dankie aan almal wat help om ’n verskil te maak!
🤝 Wil jy ook betrokke raak? Kontak ons en help bou aan ’n veiliger, mooier gemeenskap!


𝐎𝐍𝐒 𝐆𝐀𝐀𝐍 𝐕𝐄𝐑𝐅! Kom help asb om ons dorp mooier en veiliger te maak! Ons gaan straatname en stoptekens verf in Van der Wa...
25/07/2025

𝐎𝐍𝐒 𝐆𝐀𝐀𝐍 𝐕𝐄𝐑𝐅!

Kom help asb om ons dorp mooier en veiliger te maak!
Ons gaan straatname en stoptekens verf in Van der Walt Straat (naby die gholfbaan).

📅 𝐒𝐚𝐭𝐞𝐫𝐝𝐚𝐠 𝟐 𝐀𝐮𝐠𝐮𝐬𝐭𝐮𝐬
🕗 𝟎𝟖:𝟎𝟎
📍 𝐕𝐨𝐥𝐥𝐞 𝐄𝐯𝐚𝐧𝐠𝐞𝐥𝐢𝐞 𝐊𝐞𝐫𝐤

𝐎𝐍𝐒 𝐇𝐄𝐓 𝐉𝐎𝐔 𝐍𝐎𝐃𝐈𝐆! 🙌

Bring jou gesin, vriende en ‘n verfkwas, asook ‘n bakkie vir die verf, ‘n hoed teen die son en as jy wil - ‘n stoeltjie om op te sit.

Kom wees deel van die beweging om Delmas te
𝐇𝐄𝐑𝐋𝐄𝐄𝐅
𝐑𝐄𝐕𝐈𝐕𝐄
𝐕𝐔𝐒𝐄𝐋𝐄𝐋𝐀

Kom wees anders en maak saam met ons ‘n verskil.




Delmas Herleef doen dit weer!🚧🚧🚧Met ‘n verfblik en ‘n bietjie hoop maak ons ‘n verskil in ons dorp – een spoedhobbel op ...
20/07/2025

Delmas Herleef doen dit weer!
🚧🚧🚧

Met ‘n verfblik en ‘n bietjie hoop maak ons ‘n verskil in ons dorp – een spoedhobbel op ‘n slag!

Dankie aan elkeen wat betrokke is en help om Delmas mooier, veiliger en lewendiger te maak. ❤️

🙌 Wil jy ook deel wees van die verandering?
Raak betrokke by Delmas Herleef en word deel van die hoop wat ons strate vul.



Address

25 Van Riebeecklaan
Delmas
2210

Telephone

+27825248405

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Delmas Herleef posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share