SHE-Woman

Call Website Contact the organization

SHE-Woman Welcome to the SHE-Woman Movement, where every woman is celebrated for her unique journey.

SHE stands for Strong, Hopeful, and Empowered, embodying the spirit of women who embrace their true selves and seek to discover their self-worth.

18/09/2026

Partykeer moet jy net deeg wees. 🍞



11/09/2026

Ons het n Blessing day!! Yah!!

Berman Hire in Centurion het ons vanoggend gehelp met die trekking.💪🏻

Baie geluk Bella en Chriselda!! 🧸

28/08/2026
21/08/2026

Hierdie 4 manne staan nie stil nie.

Hulle is die manne agter die WIF se SHE-women projek.
Hulle daag op met bore, skroewedraaiers, slim planne, oplossings en hul mannekrag. Hulle wag nie vir n opdrag nie, hul daag net op (partykeer baie baie vroeg en partykeer baie baie laat) en doen wat gedoen moet word.

As die foto vir jul bietjie AI’erig lyk, is dit omdat hul nie lank genoeg stilstaan sodat ek hul saam kan afneem nie, toe het ChatGpt hulle vir my saam op een bank gesit.

Ons waardeer hulle!! Hulle is die konings, priesters en profete, ons ruggraat en die spiere agter die werk wat ons doen.

Andries Bruwer
Reinhart Bruwer
Roche Marais
Charles De Bie

Liewe SHE-women vriendin … Gelukkige vrouedag!! Vandag hoef jy niks te bewys nie.Nie dat jy die sterkste vrou in die ver...
09/08/2026

Liewe SHE-women vriendin …

Gelukkige vrouedag!!

Vandag hoef jy niks te bewys nie.

Nie dat jy die sterkste vrou in die vertrek is nie.
Nie dat jy alles onder beheer het nie.
En beslis nie dat jy weet waar almal se goed is nie… want ons weet self nie altyd waar ons ons telefone gelos het nie. 😂

Jy hoef nie almal se probleme op te los nie.
Jy hoef nie elke WhatsApp binne 30 sekondes te antwoord nie.
En jy hoef beslis nie elke keer te sê: “Dis okay, ek sal dit doen nie.” 😜

Jy mag net wees.

Jy mag lag totdat jou maag seer is.
Jy mag huil — selfs al weet jy nie presies hoekom nie.
Jy mag groot droom.
Jy mag van rigting verander.
Jy mag “nee” sê.
Jy mag weer begin.

Jy mag ook soms vir almal sê:
“Ek is fine.”
…terwyl jy eintlik net ’n koffie, ’n drukkie en 17 minute alleen nodig het. ☕😂

Jy hoef nie altyd sterk te wees nie.

Jy mag sag wees.
Jy mag moeg wees.
Jy mag hulp vra.
Jy mag jou kroon regskuif… en soms mag jy hom sommer afhaal en vir ’n oomblik op die rusbank sit. 👑😂

Want jou waarde lê nie in hoeveel jy kan dra nie.

Daarom vier ons more (en sommer die dag daarna) nie net wat jy doen nie.

Ons vier wie jy is.


Liewe SHE- Women ‘n Ware vriendin is een van God se mooiste geskenke. Sy vier jou oorwinnings, tel jou op wanneer jy val...
29/06/2026

Liewe SHE- Women
‘n Ware vriendin is een van God se mooiste geskenke. Sy vier jou oorwinnings, tel jou op wanneer jy val, herinner jou aan wie jy in Christus is en hou jou liefdevol aanspreeklik wanneer jy afdwaal.
Sy leef Jesus se liefde deur haar woorde en dade en stap saam met jou deur elke seisoen van die lewe.

Koester die vriendinne wat jou nader aan God trek - want sulke vriendskappe is nie toevallig nie; dit is deur God gegee.

Mag jou dag gevul wees met liefde, vrede, vreugde en goeie vriendinne.




Jy is nie gebroke op 'n manier wat God nie kan herstel nie. Jy is nie té sensitief nie. Jy is nie te ver weg dat Sy gena...
25/06/2026

Jy is nie gebroke op 'n manier wat God nie kan herstel nie. Jy is nie té sensitief nie. Jy is nie te ver weg dat Sy genade jou nie kan bereik nie. Nog voordat jy jou eerste asem uitgeblaas het, het Hy reeds 'n doel en 'n roeping oor jou lewe uitgespreek.

Jy is nie die som van jou foute of die donkerste hoofstuk van jou verlede nie. Jou identiteit word nie bepaal deur jou seerkry, jou mislukkings of die storms wat jou probeer breek het nie. Jy behoort aan God. En dit verander alles.

Alles wat mense as jou swakheid gesien het – jou sagte hart, jou deernis, jou passie en die manier waarop jy diep voel – is in God se hande 'n kosbare gawe. Hy het jou nie per ongeluk so gemaak nie. Hy het jou nie te veel gegee of die verkeerde gawes vir jou roeping gekies nie.

God was doelgerig. Hy was noukeurig. Terwyl Hy jou gevorm het, het Hy reeds hierdie oomblik in jou lewe geken. Daarom is daar niks aan jou wat toevallig is nie.

Hy is nog nie klaar met jou nie. Wat hy begin het, sal hy voltooi.

Address

5 Cedar Avenue
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SHE-Woman posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to SHE-Woman:

Share