SHE-Woman

SHE-Woman Welcome to the SHE-Woman Movement, where every woman is celebrated for her unique journey.

SHE stands for Strong, Hopeful, and Empowered, embodying the spirit of women who embrace their true selves and seek to discover their self-worth.

28/08/2026
21/08/2026

Hierdie 4 manne staan nie stil nie.

Hulle is die manne agter die WIF se SHE-women projek.
Hulle daag op met bore, skroewedraaiers, slim planne, oplossings en hul mannekrag. Hulle wag nie vir n opdrag nie, hul daag net op (partykeer baie baie vroeg en partykeer baie baie laat) en doen wat gedoen moet word.

As die foto vir jul bietjie AIโ€™erig lyk, is dit omdat hul nie lank genoeg stilstaan sodat ek hul saam kan afneem nie, toe het ChatGpt hulle vir my saam op een bank gesit.

Ons waardeer hulle!! Hulle is die konings, priesters en profete, ons ruggraat en die spiere agter die werk wat ons doen.

Andries Bruwer
Reinhart Bruwer
Roche Marais
Charles De Bie

Liewe SHE-women vriendin โ€ฆ Gelukkige vrouedag!! Vandag hoef jy niks te bewys nie.Nie dat jy die sterkste vrou in die ver...
09/08/2026

Liewe SHE-women vriendin โ€ฆ

Gelukkige vrouedag!!

Vandag hoef jy niks te bewys nie.

Nie dat jy die sterkste vrou in die vertrek is nie.
Nie dat jy alles onder beheer het nie.
En beslis nie dat jy weet waar almal se goed is nieโ€ฆ want ons weet self nie altyd waar ons ons telefone gelos het nie. ๐Ÿ˜‚

Jy hoef nie almal se probleme op te los nie.
Jy hoef nie elke WhatsApp binne 30 sekondes te antwoord nie.
En jy hoef beslis nie elke keer te sรช: โ€œDis okay, ek sal dit doen nie.โ€ ๐Ÿ˜œ

Jy mag net wees.

Jy mag lag totdat jou maag seer is.
Jy mag huil โ€” selfs al weet jy nie presies hoekom nie.
Jy mag groot droom.
Jy mag van rigting verander.
Jy mag โ€œneeโ€ sรช.
Jy mag weer begin.

Jy mag ook soms vir almal sรช:
โ€œEk is fine.โ€
โ€ฆterwyl jy eintlik net โ€™n koffie, โ€™n drukkie en 17 minute alleen nodig het. โ˜•๐Ÿ˜‚

Jy hoef nie altyd sterk te wees nie.

Jy mag sag wees.
Jy mag moeg wees.
Jy mag hulp vra.
Jy mag jou kroon regskuifโ€ฆ en soms mag jy hom sommer afhaal en vir โ€™n oomblik op die rusbank sit. ๐Ÿ‘‘๐Ÿ˜‚

Want jou waarde lรช nie in hoeveel jy kan dra nie.

Daarom vier ons more (en sommer die dag daarna) nie net wat jy doen nie.

Ons vier wie jy is.


Liewe SHE- Women โ€˜n Ware vriendin is een van God se mooiste geskenke. Sy vier jou oorwinnings, tel jou op wanneer jy val...
29/06/2026

Liewe SHE- Women
โ€˜n Ware vriendin is een van God se mooiste geskenke. Sy vier jou oorwinnings, tel jou op wanneer jy val, herinner jou aan wie jy in Christus is en hou jou liefdevol aanspreeklik wanneer jy afdwaal.
Sy leef Jesus se liefde deur haar woorde en dade en stap saam met jou deur elke seisoen van die lewe.

Koester die vriendinne wat jou nader aan God trek - want sulke vriendskappe is nie toevallig nie; dit is deur God gegee.

Mag jou dag gevul wees met liefde, vrede, vreugde en goeie vriendinne.




Jy is nie gebroke op 'n manier wat God nie kan herstel nie. Jy is nie tรฉ sensitief nie. Jy is nie te ver weg dat Sy gena...
25/06/2026

Jy is nie gebroke op 'n manier wat God nie kan herstel nie. Jy is nie tรฉ sensitief nie. Jy is nie te ver weg dat Sy genade jou nie kan bereik nie. Nog voordat jy jou eerste asem uitgeblaas het, het Hy reeds 'n doel en 'n roeping oor jou lewe uitgespreek.

Jy is nie die som van jou foute of die donkerste hoofstuk van jou verlede nie. Jou identiteit word nie bepaal deur jou seerkry, jou mislukkings of die storms wat jou probeer breek het nie. Jy behoort aan God. En dit verander alles.

Alles wat mense as jou swakheid gesien het โ€“ jou sagte hart, jou deernis, jou passie en die manier waarop jy diep voel โ€“ is in God se hande 'n kosbare gawe. Hy het jou nie per ongeluk so gemaak nie. Hy het jou nie te veel gegee of die verkeerde gawes vir jou roeping gekies nie.

God was doelgerig. Hy was noukeurig. Terwyl Hy jou gevorm het, het Hy reeds hierdie oomblik in jou lewe geken. Daarom is daar niks aan jou wat toevallig is nie.

Hy is nog nie klaar met jou nie. Wat hy begin het, sal hy voltooi.

Moenie wag totdat jy meer gemotiveerd, meer selfversekerd of meer gereed voel nie.Groei gebeur dikwels terwyl jy nog bes...
24/06/2026

Moenie wag totdat jy meer gemotiveerd, meer selfversekerd of meer gereed voel nie.

Groei gebeur dikwels terwyl jy nog besig is om die pad vorentoe te ontdek.

Neem die volgende stap. Stuur die boodskap. Maak die oproep. Begin die droom.

God ontmoet ons dikwels in gehoorsaamheid en beweging, nie in volmaaktheid nie.

Neh 8:10
โ€œDo not sorrow, for the joy of the Lord is my strength.โ€

As jy vandag toestemming nodig het om jou lig  skerper en helderder te laat skyn, hier is dit. ๐‘พ๐’†๐’†๐’” ๐’…๐’Š๐’† ๐’‘๐’†๐’“๐’”๐’๐’๐’ ๐’˜๐’‚๐’• ๐‘ฎ๐’๐’… ...
22/06/2026

As jy vandag toestemming nodig het om jou lig skerper en helderder te laat skyn, hier is dit.

๐‘พ๐’†๐’†๐’” ๐’…๐’Š๐’† ๐’‘๐’†๐’“๐’”๐’๐’๐’ ๐’˜๐’‚๐’• ๐‘ฎ๐’๐’… ๐’‹๐’๐’– ๐’ˆ๐’†๐’”๐’Œ๐’†๐’‘ ๐’‰๐’†๐’• ๐’๐’Ž ๐’•๐’† ๐’˜๐’†๐’†๐’”.

Ek lees nou die dag iets wat Natalie Breckenridge geskryf het en dit laat my d**k aan uitdagings waarmee vroue nog altyd te doen het.

Miskien is jy spontaan en vol energie. Miskien het God jou 'n buitengewone vermoรซ gegee om vrygewig te leef. Miskien dien jy ander stilweg sonder om erkenning te soek. Of dalk dra jy 'n vreugde in jou wat mense laat beter voel bloot omdat hulle in jou teenwoordigheid is.

Wat ook al jou unieke gawes is โ€“ hou op om dit kleiner te maak sodat ander gemakliker kan voel.

Iewers langs die pad het baie van ons geleer om eers die mense rondom ons te lees voordat ons na ons eie hart luister - die tipiese gesegde van "Read the Room". Ons het geleer om ons persoonlikheid, ons passie, ons gawes of ons entoesiasme terug te hou omdat dit veiliger gevoel het om aanvaar te word as om onsself ten volle te wees.

Maar God het jou nooit geskep om dele van jouself weg te steek nie.

Jy is doelbewus ontwerp. Psalm 139:14 sรช "You are fearfully and wonderfully made..."
Jy is nie gemaak om aangepas, afgewater of verklein te word vir die gerief van ander nie. Jy is nie geroep om 'n stiller, kleiner of meer aanvaarbare weergawe van jouself te wees nie.

๐˜ฟ๐™ž๐™š ๐™ฌ๐™šฬ‚๐™ง๐™š๐™ก๐™™ ๐™๐™š๐™ฉ ๐™ฃ๐™ž๐™š ๐™ฃ๐™ค๐™œ ๐™ข๐™š๐™ฃ๐™จ๐™š ๐™ฃ๐™ค๐™™๐™ž๐™œ ๐™ฌ๐™–๐™ฉ ๐™ซ๐™ค๐™ค๐™ง๐™œ๐™š๐™š ๐™ค๐™ข ๐™ž๐™š๐™ข๐™–๐™ฃ๐™™ ๐™–๐™ฃ๐™™๐™š๐™ง๐™จ ๐™ฉ๐™š ๐™ฌ๐™š๐™š๐™จ ๐™ฃ๐™ž๐™š.

Die wรชreld het nodig dat jy die ware jy sal wees.

Of jy nou uitbundig of stil is. Sag of sterk. Moedig of teer. Wat God ook al in jou geplaas het, dit is die mens wat Hy bedoel het om 'n verskil in hierdie wรชreld te maak.

โ€œAuthenticity is not arrogance. It is obedience. Be authentically you."

Moenie jou lig verdof nie.

Moenie jou stem stilmaak nie.

Moenie jou gawes wegsteek nie.

Die beste weergawe van jouself is โ€œunashamedly you.โ€

Address

5 Cedar Avenue
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SHE-Woman posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to SHE-Woman:

Share