Solidariteit Helpende Hand Motorfiets Tak

Solidariteit Helpende Hand Motorfiets Tak CHARITY BIKE GROUP Bykomende inligting
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeens

kapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.
2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.
3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.
4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens
5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ons ry vir vryheid – maar kinders het beskerming nodig. 🏍️Ons voel die krag van die enjin, die vryheid van die pad en di...
04/06/2026

Ons ry vir vryheid – maar kinders het beskerming nodig. 🏍️

Ons voel die krag van die enjin, die vryheid van die pad en die wind op ons gesigte…

Maar daar is kinders wat elke dag leef sonder vryheid. Sonder veiligheid. Sonder ’n stem wat vir hulle opstaan.

Kinderbeskermingsweek herinner ons aan ’n harde waarheid:
ons kan nie net kyk en verby ry nie.

Elke kind wat misbruik, verwaarloos of geïgnoreer word, is ’n rooi lig wat ons nie mag ignoreer nie.

By Helpende Hand staan ons vir beskerming, groei en opvoeding van kinders – maar ons kan dit nie alleen doen nie.

Jy ry nie net ’n motorfiets nie – jy het invloed.
Jy is nie net deel van ’n tak nie – jy is deel van ’n gemeenskap wat kan beskerm.

Raak betrokke. Maak geraas. Maak ’n verskil.

Dankie dat julle help om ń vry, veilige en ń voorspoedige toekoms vir ons kinders te help skep.
04/06/2026

Dankie dat julle help om ń vry, veilige en ń voorspoedige toekoms vir ons kinders te help skep.

Elke kind verdien veiligheid, liefde en ’n stem. Hierdie week ry ons nie net vir die pad nie — ons ry vir beskerming, ho...
30/05/2026

Elke kind verdien veiligheid, liefde en ’n stem. Hierdie week ry ons nie net vir die pad nie — ons ry vir beskerming, hoop en ’n beter toekoms vir elke kind.

Ons helde vir ons kinders dra helms.

In Suid-Afrika is Kinderbeskermingsweek jaarliks die laaste week van Mei en die eerste week van Junie. Dit is 'n belangrike geleentheid wat daarop gemik is om bewustheid te skep van kinders se regte en die noodsaaklikheid om hulle teen mishandeling en verwaarlosing te beskerm.

Solidariteit Helpende Hand speel 'n rol van onskatbare waarde om kinders in die gemeenskap te beskerm. Ons doen dit met behulp van maatskaplike werkers, streeksorganiseerders, vrywilligers, die Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Nasionaal , die Solidariteit Helpende Hand Ons Sentrum en praktiese projekte soos: HelpHetta, Skooltassie, Kosblikkie en Solidariteit Helpende Hand Brugfonds: Bemagtig 'n Kind .

’n Nuwe hoofstuk begin! ✨🏍️Die bestuur van die motorfietsklub het die versoek gerig tot Solidariteit Helpende Hand bestu...
26/05/2026

’n Nuwe hoofstuk begin! ✨🏍️

Die bestuur van die motorfietsklub het die versoek gerig tot Solidariteit Helpende Hand bestuur dat hulle graag as KLUB voortaan wil ry onder die naam Servanthood riders.

Uiteraard is daar ook behoefte by Solidariteit Helpende Hand om soms as n TAK slegs op lokale TAK vlak, sonder affiliasie, saam projekte te doen en te ry.

Daarom het ons besluit op n positiewe nuwe hoofstuk.
Die KLUB en die TAK deel n geskiedenis van 12 jaar maar die SHH MotorfietsKLUB sal voortaan bekend staan as Servanthood Riders (n naamsverandering) en die tak, sonder affiliasie slegs op takvlak, sal binne Helpende Hand strukture val.

Ons is opreg dankbaar teenoor elke motorfietsryer met wie ons paaie oor die afgelope 12 jaar gekruis het. In KLUB-verband. Dankie vir elke kilometer, elke hand van hulp en elke hart wat oop was vir mense in nood.

’n Spesiale woord van waardering aan Johan en Felix, ons stigterslede, asook aan Manie, ons laaste nasionale president. Manie, ons wens jou en die Servanthood-groep veilige kilometers en groot seën toe met julle nuwe reise en projekte. Dit was ’n voorreg om te sien hoe ’n liefde vir motorfietse en ’n passie vir mense saam ’n verskil kan maak.

Sluit gerus ook aan by die Servanthood riders se Facebook-blad vir meer inligting oor hulle klub, hulle aksies en hulle pad vorentoe. Bly ook op hoogte van Helpende Hand se bedrywighede en projekte steeds op hierdie blad.

Saam ry ons verder. Saam maak ons ’n verskil! 🏍️

13/05/2026
🔥 BLANKET RUN 2026 🔥Wat ’n dag! ☀️🏍️Saterdag het weer gewys wat gebeur wanneer bikers, klubs en vriende saamstaan vir ie...
10/05/2026

🔥 BLANKET RUN 2026 🔥

Wat ’n dag! ☀️🏍️

Saterdag het weer gewys wat gebeur wanneer bikers, klubs en vriende saamstaan vir iets groter as onsself. Die weer was perfek, die vibe was ongelooflik en Captain’s Island was vol lewe van vroegoggend af.

Helpende Hand Motorfiets Klub wil uit die hart uit dankie sê aan elke klub, biker, ondersteuner en vriend wat opgedaag het en deel was van die dag. Julle het hierdie event gemaak wat dit was. 👊

’n Groot dankie ook aan al ons borge vir die hope pryse, ondersteuning en bydraes deur die dag. Ons waardeer elkeen van julle opreg. 🙏

Maar tussen al die bikes, gelag, loud pipes en goeie tye, was daar een ding wat die belangrikste bly… die komberse. 💛

Elke kombers wat ingesamel is, gaan iemand hierdie winter warm hou. Vir baie mense beteken dit meer as wat ons ooit sal besef.

Dankie dat julle saam met ons ’n verskil maak.
Die biking community het vandag weer gewys hoe groot sy hart regtig is. 🏆🔥

Wat ’n dag op die pad!Helpende Hand Motorfietsklub het vanoggend by Padlangs weggespring. Puik diens en heerlike kos, be...
14/03/2026

Wat ’n dag op die pad!

Helpende Hand Motorfietsklub het vanoggend by Padlangs weggespring. Puik diens en heerlike kos, beslis ’n plek waar ons weer sal draai!
https://www.facebook.com/padlangsrest/

Dankie aan Basie, ons Road Captain, vir ’n fantastiese roete na Kakiebos. Die pad het lekker S-draaie gebring, maar ook ’n hart-in-die-keel oomblik toe ’n trok in die verkeerde baan op ons afkom en een van ons lede noodgedwonge van die pad af moes gaan. Groot was die verligting toe die motorfiets weer veilig uit die bosse kom.

By Kakiebos het ons aangesluit by die Warrior Princess Ride en lekker saam met mede-bikers gekuier.

Lekker saamry, sterk kameraadskap en groot dankbaarheid dat almal veilig is.

Saterdag was een vir die boeke! Ons het Kleinfontein besoek waar ons behoorlik bederf is met ’n heerlike ontbyt, regtig ...
01/03/2026

Saterdag was een vir die boeke!

Ons het Kleinfontein besoek waar ons behoorlik bederf is met ’n heerlike ontbyt, regtig een vir die boeke. Yummy!

Dit was besonders om die ware omgee by Ons Plek Kleinfontein Skool te beleef. Hulle doen uitstekende werk en dit was ’n voorreg en plesier om hulle te besoek en die kinders ’n bietjie te bederf.

’n Spesiale woord van dank aan Jan Moolman, wat kern betrokke was by al die reëlings en selfs ’n heerlike wildrit tydens die besoek ingewerk het. Ons was omtrent heerlik bederf!

Die rit was lekker, die kos was lekker, die geselskap was lekker en die omgewing was spesiaal. Alles saam het dit ’n heerlike en betekenisvolle dag gemaak.

Dankie aan elkeen wat deel was van hierdie besondere dag.

👉 Wil jy deel wees van iets spesiaals?
Sluit gerus by ons aan https://hhmcc.co.za/

01/03/2026

Address

Eendracht Street
Centurion

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Motorfiets Tak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand Motorfiets Tak:

Share