Seed of Life NPC Cape Town

Website

Seed of Life NPC Cape Town Bringing hope, healing & outreach to Mitchell's Plain, Cape Flats, Cape Town CBD & Bellville.

Rehabilitation | Recovery | Restoration. 068 138 9238 | [email protected] | 🌱 www.seedoflifenpc.co.za

Ons staan nou op 26%!🙏🏻Ons het reeds R5 285 van ons R20 000-teiken ingesamel.Vandag wil ons spesiaal dankie sê aan ons a...
31/08/2026

Ons staan nou op 26%!🙏🏻

Ons het reeds R5 285 van ons R20 000-teiken ingesamel.

Vandag wil ons spesiaal dankie sê aan ons anonieme skenker van R500.❤️

Jou vrygewigheid beteken vir ons meer as wat woorde kan sê.

Suzi is nie net 'n motor nie. Sy help ons om mense in nood te bereik, skenkings te gaan haal en hoop te vervoer.🌱

Ons het nog R14 715 nodig om haar weer op die pad te kry.

Kan jy help? 'n Klein bydrae van R50, R100 of R200 mag dalk vir jou klein voel, maar wanneer baie hande saam gee, gebeur groot dinge.

🙏🏻Help ons om Suzi weer te laat ry, sodat ons kan aanhou om hoop te bring waar dit die nodigste is.

Dankie Here vir elke hand wat gee. Ons vertrou U vir die res.❤️

🌱Saam plant ons die saad van hoop.

Help ons om Suzi weer op die pad te kry By Seed of Life Huis Cullinan is ons voertuig, Suzi , soveel meer as net 'n motor. Sy is die voertuig wa...

ONS STAAN TANS OP 16%Baie dankie vir die R500 anonieme donasie en die mooi woorde:Anoniem 6 Aug '26"Mag julle geseën wor...
06/08/2026

ONS STAAN TANS OP 16%

Baie dankie vir die R500 anonieme donasie en die mooi woorde:

Anoniem 6 Aug '26
"Mag julle geseën word met genoeg om Suzi weer op die pad te kom. Ek weet hoeveel jy elke dag insit om ander te help en jy sal altyd jou laaste sent gee vir ander. Ek wens ek kon meer gegee het."

Help ons om Suzi weer op die pad te kry By Seed of Life Huis Cullinan is ons voertuig, Suzi , soveel meer as net 'n motor. Sy is die voertuig wa...

🎉 Ons bekers loop oor! 🙌Met ongelooflike dankbaarheid deel ons dat ons nóg 'n skenking van R1 000 ontvang het!Ons veldto...
05/08/2026

🎉 Ons bekers loop oor! 🙌

Met ongelooflike dankbaarheid deel ons dat ons nóg 'n skenking van R1 000 ontvang het!

Ons veldtog om Suzi weer op die pad te kry staan nou op 14% van ons teiken. Elke bydrae, elke gebed en elke deel van ons veldtog herinner ons daaraan dat ons nie alleen hierdie pad stap nie.

Aan elkeen wat reeds gegee het om ons geliefde Suzi weer op die pad te kry: Baie, baie dankie! Julle maak dit moontlik vir ons om aan te hou om mans, vroue en kinders in nood te dien en hoop te bring waar dit die nodigste is.

"U berei die tafel voor my.......U salf my hoof met olie; my beker loop oor." – Psalm 23:5

Ons glo die Here is besig om groot dinge te doen, en ons sien Sy voorsiening elke dag.

Dankie dat julle saam met ons die saad van hoop plant.❤️



Help ons om Suzi weer op die pad te kry By Seed of Life Huis Cullinan is ons voertuig, Suzi , soveel meer as net 'n motor. Sy is die voertuig wa...

🎉 Wat 'n wonderlike dag van seëninge!Vandag het ons 3 skenkings vir Suzi se nuwe enjin ontvang!Ons wil uit die diepte va...
04/08/2026

🎉 Wat 'n wonderlike dag van seëninge!

Vandag het ons 3 skenkings vir Suzi se nuwe enjin ontvang!

Ons wil uit die diepte van ons harte baie dankie sê aan elke persoon wat reeds bygedra het. Julle ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons en vir elke lewe wat deur Seed of Life Huis Cullinan geraak word.

🚗 Ons staan nou op 8,4% van ons R20 000-teiken!

Elke bydrae, groot of klein, bring ons nader daaraan om Suzi weer op die pad te kry sodat ons kan voortgaan mense in nood te vervoer, skenkings af te haal en hoop na mense te bring.

As jy nog nie die geleentheid gehad het om te help nie, deel asseblief hierdie veldtog of oorweeg 'n bydrae. Saam kan ons hierdie doel bereik.

Dankie dat julle saam met ons die saad van hoop plant. ❤️



Help ons om Suzi weer op die pad te kry By Seed of Life Huis Cullinan is ons voertuig, Suzi , soveel meer as net 'n motor. Sy is die voertuig wa...

🚗💔 Nuus uit die Huis...Suzi het besluit sy het ook 'n rehabilitasieprogram nodig! 😅Ons manne was vandag baie fluks gewee...
14/07/2026

🚗💔 Nuus uit die Huis...

Suzi het besluit sy het ook 'n rehabilitasieprogram nodig! 😅

Ons manne was vandag baie fluks gewees... so fluks dat Suzi besluit het sy gaan sommer ook 'n dag af vat! 😄

Ons getroue Seed of Life Huis Cullinan-voertuig is ongelukkig buite aksie. Sy het ons al duisende kilometers geneem om lewens te red, mense te gaan haal, kos te versprei en hoop te bring.

Nou is dit haar beurt om 'n bietjie liefde en herstel te ontvang.

Bid asseblief saam met ons dat ons haar vinnig weer op die pad kan kry. As jy dalk kan help met die herstelkoste, of iemand ken wat kan, kontak my gerus.

Want sonder Suzi ry die bediening nie heeltemal so ver nie... maar ons geloof bly altyd in rat! 🙏🚗

Address

Cape Town
8001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Seed of Life NPC Cape Town posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share