17/09/2025
Ontdek jou toekoms in landbou met Wes-Kaap Landbou Akademie
Word deel van ’n nuwe generasie landbouleiers.
Aansoeke vir 2026 is nou oop by Wes-Kaap Landbou Akademie in Clanwilliam. Hier ontvang jy praktiese opleiding in Gewasproduksie, Diereproduksie en Wingerdboerdery – en bou jou loopbaan op ’n sterk grondslag.
Ons Kampus Opedag vind plaas op 17 Oktober 2025 by Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam. Kom ontmoet ons span, verken die fasiliteite en kry antwoorde op al jou vrae oor inskrywings, kursusse en studentlewe. Die dag sluit af met ’n aandprogram wat landbouskap en samekoms vier.
Beperkte plekke – doen nou aansoek of bespreek jou plek vir die opedag.
Kontak: 067 687 2585 (Fanie Cronje)
E-pos: [email protected]
Web: https://weskaaplandbou.co.za/