20/05/2026
Daars so baie mense wat sukkel met allerdae Se Goed, Goed wat in die verlede Maklik gekom het, ons is op genade van ons Hemelse Vader dag Na dag, Sien ons Sy Glorie in ons omstandighede en hoe hy voorsien Vir Elke gesin op ons kospakkie lys, Dan Staan mens in verwondering en Koester Sy teenwoordigheid Soos n juweel, as mens eers besef regtig hoe Groot GOD Se genade is Dan lyk al jou probleme Kleiner en Kleiner, Ek dank U Vader Vir Elke week se voorsiening Vir ons mense, ons broers en susters, Wie Se lewens U Elke week met U liefde en genade aanraak, Ek dank U Vir Alles wat nog Kom en Vir Elke deurbraak, Elke week Elke wonderwerk wat U op hulle pad plaas ons dank U dat U Kyk Na ons mensdom en voorsien net Soos U Vir die mossies doen, dat ons Al ons bekommernisse by U voete Kan neer le en Weet U is in beheer. Here ons is net U hande, en ons dank U Vir die voorreg Om U woord te verkondig en U mense Na U toe te lei, dankie dat U hulle red en hulle weer Hoop gee. Al lyk Ons lewens Donker Weet Ons date Ons God Groot Hy is die lig die weg en die waarheid in hierdie Donker tye, niks sal Ons ontwrig Nie, ons Dien n lewende God, skepper van die Hemel en die aarde, Ons gee U Alle eer lof en prys. Amen