Die Voortrekkers Koersvas

Die Voortrekkers Koersvas Koersvas Voortrekkers is 'n Voortrekkerkommando in Brits.

Die Voortrekkers is 'n KAN organisasie wat deur middel van Kultuur, Avontuur en Natuur die Afrikanerjeug oplei as Moderne Afrikaners, Positiewe Burgers, Konsekwente Christene en Dienende Leiers.

Baie geluk met die prestasie Luwellyn de Lange en Devlin Scott.
12/06/2026

Baie geluk met die prestasie Luwellyn de Lange en Devlin Scott.

Baie geluk met jou prestasie Janco Cilliers.
12/06/2026

Baie geluk met jou prestasie Janco Cilliers.

Baie geluk met jou prestasie Christiaan Lourens.
12/06/2026

Baie geluk met jou prestasie Christiaan Lourens.

11/06/2026


Latest Brits Pos now available! The latest edition of this week’s Brits Pos is now available on street and in shops. Get yours now for all the latest news, events, achievements and sport.
Nuutste Brits Pos nou beskikbaar! Dié week se uitgawe van die Brits Pos is nou in winkels en op straat beskikbaar. Kry joune nou vir al die jongste nuus, gebeure, prestasies en sport.

Koersvas is 50 jaar!Dankie vir elkeen wat teenwoordig was tydens ons Feesvieringe.Dankie aan elkeen wat oor 50 jaar gebo...
02/06/2026

Koersvas is 50 jaar!
Dankie vir elkeen wat teenwoordig was tydens ons Feesvieringe.
Dankie aan elkeen wat oor 50 jaar gebou het aan Koersvas.

Hier is ons nou!


Tydens Koersvas se 50ste Feesvieringe plant ons vir die eerste keer ons nuwe vlae:Nuwe Koersvas vlag!  En vir elkeen van...
02/06/2026

Tydens Koersvas se 50ste Feesvieringe plant ons vir die eerste keer ons nuwe vlae:
Nuwe Koersvas vlag!
En vir elkeen van ons spanne 'n nuwe vlag!.

Saam met die Nasionale Vlag, die Voortrekkervlag, Gebied Bergenbos vlag, Laerskool Olienpark se vlag, Laerskool Brits se vlag, Hoërskool Brits se vlag en Die Hoërskool Wagpos se vlag en die 4 skole se hoofleiers, plant ons Kommando Jeugleiers, Trudie Roos vir die Buffels, Shenique Verryne as Groepsleier van ons Staatmakers en al ons Jeuglede teenwoordig 22 vlae tydens ons Lig-en-Vlag-Hier-is-ons-Nou - Seremonie.


Koersvas is 50 jaar oud - en oor 50 jaar het baie hande gebou en die lig laat skyn en oorgedra en aangegee aan die wat n...
02/06/2026

Koersvas is 50 jaar oud - en oor 50 jaar het baie hande gebou en die lig laat skyn en oorgedra en aangegee aan die wat na hulle gekom het....
En Nou Staan Ons Hier.....sodat daar oor 50 jaar weer fees gevier kan word!
Baie dankie aan elkeen - spesifiek aan die Buffelspan - vir ure se werk, se opofferinge, se gesinstyd wat opgegee word, vir tyd, vir idees, vir positiwiteit, vir energie, vir lag en saamwerk...vir saambou, en vir die helder lig wat julle dra!
Goed! Beter! Buffels!


Lekker verjaar ou maat!  Hou Koers!  Hou Koers!  Koersvas!Koersvas se 50ste Feesvieringe.Voorwaar 'n besonderse aand!
02/06/2026

Lekker verjaar ou maat!
Hou Koers! Hou Koers! Koersvas!

Koersvas se 50ste Feesvieringe.
Voorwaar 'n besonderse aand!


Koersvas vier 50 jaar!Ons staan NOU hier - WANT ander het VOOR ons hier gestaan!Dit was lekker om die aand saam met van ...
02/06/2026

Koersvas vier 50 jaar!
Ons staan NOU hier - WANT ander het VOOR ons hier gestaan!

Dit was lekker om die aand saam met van Koersvas se Oud-Vories te vier. Dankie dat julle teenwoordig was. Voortrekker Kameraadskap strek oor jare heen.


Tydens Koersvas se Winterfees het die Graad 7's - ons Uile span - elkeen hulle Dagbreek Graadwiel ontvang! Julle is nou ...
02/06/2026

Tydens Koersvas se Winterfees het die Graad 7's - ons Uile span - elkeen hulle Dagbreek Graadwiel ontvang! Julle is nou amper klaar met julle voorbereiding vir PD Voorslag. Sterkte! Ons weet dit gaan goed gaan.

Die Gr 12's - ons Koedoespan - het hulle welverdiende Hoofleierswag toekennings ontvang, en heerlike warm Koersvas-serpe as sterkte toewensing vir die Presidentsverkennerkamp wat om die draai is....Sterkte! Julle maak ons TROTS!

Hier is ons NOU!

Address

Brits

Opening Hours

09:00 - 16:30
18:00 - 19:00

Telephone

+27832311113

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers Koersvas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers Koersvas:

Share