BOK

BOK Bothaville Ondersteuningsklub Welkom by BOK - Bothaville Ondersteunersklub! Registrasie vir die klub is oop. Sluit aan by Bothaville Ondersteunersklub.

Die klub is oop vir huidige en voormalige Hoërskool Bothaville ouers, oud-leerders, huidige en oudpersoneel en ander gemeenskapslede wie graag wil deel wees van BOK. Die Bothaville Ondersteunersklub bied jou die geleentheid om jou ondersteuning en lojaliteit aan die skool op verskeie gebiede uit te leef. Hoërskool Bothaville wil jou graag deel van BOK hê! BOK het 'n reuse verantwoordelikheid

om die gemeenskap te betrek om 'n betekenisvolle bydrae te lewer om sodoende ons geliefde Hoërskool Bothaville nóg meer suksesvol te maak en volgehoue strewe na uitnemendheid in die toekoms te verseker. Gereelde vrae:
Waarom die ondersteunersklub? Ons almal deel ‘n passie vir Hoërskool Bothaville en deur saamstaan en saamwerk kan ons 'n reuse impak maak. U lidmaatskap by BOK en u bydrae is van onskatbare waarde, nie net vir die skool nie, maar ook vir die gemeenskap in die geheel. Gryp dus die geleentheid aan en word vandag nog deel van BOK, maak sodoende 'n merkbare verskil in 'n Bothas-kind se lewe. "WIE WIL DIE KAN"

Watter voordele ontvang ek deur aan te sluit by die klub?
• Jy ontvang jou unieke BOK ondersteuners keps met jou lid nommer op geborduur asook 'n BOK sleutelhouer.
• Jy kry toegang en uitnodigings tot spesiale ondersteunersklub geleenthede en sosiale geleenthede vir ons ondersteuners.
• Jy word op datum gehou van datums en geleenthede waar jy die skool kan ondersteun.
• Jy kry toegang om unieke ondersteuners drag en handelsware te bestel
• Afslag op sekere geleenthede wat by die skool aangebied word
• Jy kry ook gratis eksklusiewe parkering by tuis sportbyeenkomste aangebied by Hoërskool Bothaville

Wat is die kostes verbonde?
● as individu of saam met u gade die jaarlikse ledegeld van R 750 per individu of R 1000 per paar te betaal (ledegeld kan jaarliks met 'n eenmalige debietorder of oor 12 maande met 'n debietorder betaal word). U ontvang hiermee saam 'n gratis BOK pet en ‘n BOK sleutelhouer per persoon wat aansluit.
● as besigheid het u die geleentheid om 'n advertensiebord by die sportgronde of koshuismuur op te rig teen 'n eenmalige oprigtingskoste van R2 000 en 'n jaarlikse lidmaatskapsfooi van R 1500 (geldig vir 2 persone). U ontvang hiermee saam twee gratis BOK pette en twee BOK sleutelhouers
● as lewenslange lid aan te sluit teen 'n eenmalige koste van R 10 000 per individu of R 15 000 per paar. U ontvang hiermee saam 'n BOK pet, BOK sleutelhouer, BOK golfhemp/BOK knopieshemp en BOK baadjie per persoon wat aansluit. Die geleentheid word voorts aan alle lede en nie lede gegun om teen 'n eenmalige addisionele bedrag van R 500 u naam/name te verewig op 'n brons plaatjie wat in die skoolsaal/lapa aangebring sal word. Baie goeie kwaliteit BOK golfhemde en/of BOK knopieshemde is te koop teen R 300 per hemp vir mans sowel as dames. BOK baadjies teen R 1300 per baadjie sal ook te koop aangebied word. BOK kleredrag word slegs aan lede beskikbaar gestel. Ek wil betrokke raak, wat doen ek? Kontak vir Herman van der Merwe 071 412 9987 of Carli Maree 072 393 1810 of besoek ons Facebook blad...

21/07/2023
SAVE THE DATE!!!
26/05/2023

SAVE THE DATE!!!

Laaste tuis liga wedstryde van die jaar. Kom ondersteun asb die seuns en dogters!
23/05/2023

Laaste tuis liga wedstryde van die jaar. Kom ondersteun asb die seuns en dogters!

17/03/2023

🥨🍻OKTOBERFEST🍻🥨

🌻Bothaville ondersteunersklub hou die jaar 'n deurlopende fondsinsameling van einde Februarie totdat al die sonneblomme ...
17/03/2023

🌻Bothaville ondersteunersklub hou die jaar 'n deurlopende fondsinsameling van einde Februarie totdat al die sonneblomme in die omgewing gestroop is. 🌻

Bring jou vriende, naweke en gedurende die week en kom toets julle skiet vernuf. Die boere lei jaarliks duisende rande se skade as gevolg van duiwe op die sonneblom oeste.

📞Kontak Herman van der Merwe vir enige verdere navrae by 071 412 9987

14/02/2023

Baie welkom by BOK se Facebook blad, kom ons maak 'n verskil.

Wie wil die kan!

Address


9660

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when BOK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

  • Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization?

Share