12/05/2026
📢 VAKATURE: PERMANENTE HUISMAMMA — THERAPÉA-KIDS
Therapéa-Kids Kinder- en Jeugsorgsentrum, Bloemfontein, is op soek na ‘n toegewyde vrou om as permanente huismamma by ons geregistreerde kinder- en jeugsorgsentrum te dien – iemand wat ‘n veilige, liefdevolle en Godvrugtige tuiste vir ons dogtertjies kan bied.
Wie ons soek
• Vroulik, tussen 30 en 50 jaar oud
• Ongetroud
• ‘n Opregte liefde vir kinders
• Geduldig, stabiel en emosioneel volwasse
• ‘n Kind van die Here – met ‘n lewende geloof en Christelike lewenswyse
• Nie-roker en geen alkoholgebruik nie
• Bereid om in te slaap
• Eie vervoer
Dienstyd
• Voltyds
Vereistes
• Skoon polisieverklaring (SAPS)
• Geen inskrywing in die Nasionale Kinderbeskermingsregister nie
• Toepaslike verwysings van vorige werkgewers en/of uit die gemeenskap
• Kerkverband of ‘n geestelike verwysing sal verwag word
Vergoeding
Vergoeding word op navraag bespreek en is onderhewig aan ervaring.
Navrae & Aansoeke
Stuur jou CV en ‘n kort motiveringsbrief na:
📧 [email protected]
📞 082 857 1257
SLUITINGSDATUM: 25 Mei 2026
Therapéa-Kids is ‘n geregistreerde NPO en is verbind tot die beskerming en welstand van elke kind in ons sorg. Alle aansoeke word streng vertroulik hanteer.