15/05/2025
Alichia Dednam Tarien Maritz Elize Maritz Marais Leandri Read Kruger Anel Pienaar Sylvia Herselman Glynne Rosselli
Tans voel ons die skielike byt in die lug en besef die winter is om die draai. Net soos die natuur seisoene het, glo ek dat elke mens ook verskillende seisoene in sy/haar lewe ervaar.
Vir 7 jaar was Bless-a-Baby Bloemfontein my "baba" en passie. Almal wie my ken sal weet dat kindertjies en liefdadigheid my baie na aan die hart lê. Soms moet mens egter 'n besluit neem wat jou hart breek, maar jy weet die beste vir jou is. Dit was 'n voorreg om die insiatief in Bloemfontein te kon begin, maar ongelukkig het dit ook baie van my tyd in beslag geneem. Ek glo dat wanneer iets vir jou 'n las word, moet jy stil word en d**k waarom jy dit in die eerste plek daarmee begin het.
Ons almal moet daagliks as vrou en mamma baie b***e in die lug hou. Ek het tot die besef gekom dat ek van my "b***e" gaan laat val en ek het besluit om self een van my "b***e" neer te sit voordat dit te laat is. My kinders en my gesin het my nou meer nodig en daarmee het ek besluit dat Bless-a-Baby se seisoen vir eers verby is.
Dit was 'n bitter moeilike besluit en ek het geweldig geworstel daarmee omdat ek geweet het dat ek soveel mense, veral babas in die steek laat.
MAAR die Here is getrou en Hy het gesorg dat Sy kindertjies steeds hulp gaan kry.... Voorentoe sal CREDO Home Of Hope die inisiatief oorneem onder 'n nuwe naam en vootaan sal CREDO Baby Project babasakke met basiese benodighede aan babatjies in nood verskaf.
Dankie aan elkeen wat Bless-a-Baby oor die 7 jaar ondersteun het. Ek het groot waardering vir elke bydrae, maak nie saak hoe klein nie! Sonder die gemeenskap se hulp sou ons nooit soveel mammas en babas in nood kon help nie. Hou asb aan om die insiatief te ondersteun.... elke sepie, kombersie of mussie maak 'n verskil!
Baie seën en liefde vir elkeen!
Liefde
Tarien Maritz