VLV Aurora

VLV Aurora Vroue-Organisasie

Ons Landbou- en Tuinbou oggend was by Bokmakierie waar ons geleer het oor Permakultuur, 'n Stelsel van volhoubare landbo...
30/06/2026

Ons Landbou- en Tuinbou oggend was by Bokmakierie waar ons geleer het oor Permakultuur, 'n Stelsel van volhoubare landbou en ontwerp wat menslike nedersettings en ekosisteme naboots.

Ons het geleer van 'n Forest garden” . Bome in woude kry geen voeding. Blare wat val vorm 'n grondmat , die natuur se kompos en verskaf beskerming teen direkte son.

In ons tuine kan ons dit naboots deur eers eers groot bome te plant, vrugtebome onder of naby groot bome, groente in die skadu vd vrugtebome.

Daar was ook 'n kaasproe van Kokerboom Kaas, afkomstig van die die Golden Guernsny koei , wie se melk geskik is vir mense met 'n intoleransie vir
suiwel of laktose.

Aurora Tak is trots op ons twee Eerste plek wenners wat ons naam hoog gehou het by die Redelinghuys Konferensie , Maart ...
30/06/2026

Aurora Tak is trots op ons twee Eerste plek wenners wat ons naam hoog gehou het by die Redelinghuys Konferensie , Maart 2026.

Baie geluk aan Zanita Gardner met haar eerste Plek vir Plaasprodukte: Hoenderlewerpatee & Heidi Gorrie vir haar Skilderkuns met koffie & tee in die Afdeling Beeldende Kunste

In solidatriteit met plattelandse vroue regoor die wêreld het VlV Aurora op 29 April deelgeneem aan Women walk the World...
21/05/2026

In solidatriteit met plattelandse vroue regoor die wêreld het VlV Aurora op 29 April deelgeneem aan Women walk the World". Lede van Aurora VLV en 'n paar vriendinne het op die geskiedkundige plaas Grootkloof gaan stap.

Agterna het Beatrix Kotze , een van ons lede, ons meer oor die plaas en sy rol in die ontstaan van Aurora vertel.

Agterna is daar vrolik gekuier om 'n koppie tee.

Ons wenners van ons jaarlikse Skou -kompetisie is as volg:Foto's : Antoinette MullerTuintjies : Marinda MostertBreiwerk ...
18/02/2026

Ons wenners van ons jaarlikse Skou -kompetisie is as volg:

Foto's : Antoinette Muller
Tuintjies : Marinda Mostert
Breiwerk : Isobel Smit
Hekelwerk: Heidi Gorrie
Blommerangskikking: Antoinette Muller
Kunste & Handvlyt : Marinda Mostert

Baie dankie vir julle toewyding en harde werk

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
VLV Aurora

Tydens ons Jaareind vergadering in November 2025 het ons heerlik gekuier by Blush in Piketberg en diensjaarkentekens aan...
18/02/2026

Tydens ons Jaareind vergadering in November 2025 het ons heerlik gekuier by Blush in Piketberg en diensjaarkentekens aan getroue VlV lede oorhandig vir jare diens.
Baie dankie vir julle lojaliteit en baie geluk met die mooie prestasie.

45 jaar diens!

Helinda Kleynhaus
Bessie Brand
Susan van Geems

30 Jaar:
Marinda Mostert

15 Jaar
Hester Brink
Suret Kennedy
Beatrix Kotze

5 Jaar
Darél Smit
Marinda van Wyk

VLV Sirkel Weskus
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Address

Aurora
Aurora
7325

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLV Aurora posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to VLV Aurora:

Shortcuts

Share