Albertinia Versorgingsdienste

Albertinia Versorgingsdienste 'n Tehuis en dienssentrum vir bejaardes, met versorgende hande vir almal. Program van Badisa

Albertinia Dienssentrum Brei/Hekel kompetisie. Span jou kreatiwiteit in en kom neem deel aan ons brei/hekel kompetisie! ...
28/08/2026

Albertinia Dienssentrum Brei/Hekel kompetisie.

Span jou kreatiwiteit in en kom neem deel aan ons brei/hekel kompetisie!

Drie kategorieë om voor in te skryf:
1. Handskoene
2. ⁠Serpe
3. ⁠Speelgoed

Die beoordelaars sal kyk na kreatiwiteit en netheid, verder kan jy jou verbeelding vrye teuels gee.

Die enigste vereiste is dat jy jou wol by ons wolwinkel moet koop en jou strokie saam met jou item moet inhandig.

Inskrywingsfooi is slegs R10 per item.

Kontak gerus die Dienssentrum op 0720278788 met enige navrae.

Op jul merke, gereed, brei…of hekel! 🫶🏼

Ons brei uit! Ons is opgewonde om ons dienste na Gouritsmond uit te brei en sien uit na wat die toekoms inhou. Sien jull...
21/08/2026

Ons brei uit! Ons is opgewonde om ons dienste na Gouritsmond uit te brei en sien uit na wat die toekoms inhou.

Sien julle daar op die 11de September!

18/08/2026

ALBERTINIA SE EERSTE DUIWEVEILING – MOENIE DIT MISLOOP NIE!

Kom geniet 'n onvergeetlike aand ten bate van Albertinia Versorgingsdienste en help ons om voort te gaan om uitstekende sorg aan ons bejaardes en gemeenskap te lewer.

📅 22 Augustus 2026
📍 Albertinia Gholfklub

Die aand skop af met die Springbokke 🆚 All Blacks rugbywedstryd op die groot skerm. Daar sal ook 'n paar komplimentêre drankies bedien word. (Kontantkroeg beskikbaar vir die res.)

Daarna volg Albertinia se heel eerste duiweveiling! Elke duif se indrukwekkende pedigree word op die skerm vertoon, waarna jy kan bie op die duif wat jy glo eerste gaan terugkeer. Die eerste 5 duiwe wen groot kontantpryse!

🥩 Ná die veiling sluit ons die aand af met 'n heerlike steakete.

💰 Slegs R1 600 per tafel van 8 – net R200 per persoon vir 'n aand vol opwinding, lekker kos en die kans om groot te wen.

🌍 Kan jy nie die aand bywoon nie? Geen probleem! As jy ver woon, kan jy iemand aanwys om namens jou te bie, terwyl julle telefonies met mekaar in verbinding bly. Só kan jy steeds deel wees van die opwinding en 'n kans staan om groot kontantpryse te wen!

📞 Bespreek jou tafel of doen navraag:

Tel: 028 735 1214
E-pos: [email protected]

Moenie hierdie geskiedkundige geleentheid misloop nie – wees deel van Albertinia se eerste duiweveiling en ondersteun 'n waardige saak!

Vakante pos beskikbaar vir 'n Ingeskrewe verpleeghulp (IVH) / Enrolled Nursing Auxilliary (ENA). Maak asseblief seker jo...
17/08/2026

Vakante pos beskikbaar vir 'n Ingeskrewe verpleeghulp (IVH) / Enrolled Nursing Auxilliary (ENA). Maak asseblief seker jou registrasie by SANC is aktief voordat jy aansoek doen.

Is jy 'n opgeleide versorger met ondervinding van versorging van ouer persone? Stuur gerus jou aansoek, want ons het 'n ...
17/08/2026

Is jy 'n opgeleide versorger met ondervinding van versorging van ouer persone? Stuur gerus jou aansoek, want ons het 'n vakante pos wat dalk net reg is vir jou!

Onthou om julle tafel te bespreek vir die duiweveiling (en rugby en steakste) op die 22ste Augustus. Indien julle nie se...
15/08/2026

Onthou om julle tafel te bespreek vir die duiweveiling (en rugby en steakste) op die 22ste Augustus.

Indien julle nie self daar kan wees nie, is julle welkom om ‘n tafel te borg of ‘n donasie te gee om die aand ‘n sukses te maak.

Kontak gerus vir Amanda by die adminkantoor of WhatsApp vir Annelise (0731991518) op die knoppie hieronder.

Elke bydrae maak ‘n verskil!

ALBERTINIA SE EERSTE DUIWEVEILING – MOENIE DIT MISLOOP NIE!

Kom geniet 'n onvergeetlike aand ten bate van Albertinia Versorgingsdienste en help ons om voort te gaan om uitstekende sorg aan ons bejaardes en gemeenskap te lewer.

📅 22 Augustus 2026
📍 Albertinia Gholfklub

Die aand skop af met die Springbokke 🆚 All Blacks rugbywedstryd op die groot skerm. Daar sal ook 'n paar komplimentêre drankies bedien word. (Kontantkroeg beskikbaar vir die res.)

Daarna volg Albertinia se heel eerste duiweveiling! Elke duif se indrukwekkende pedigree word op die skerm vertoon, waarna jy kan bie op die duif wat jy glo eerste gaan terugkeer. Die eerste 5 duiwe wen groot kontantpryse!

🥩 Ná die veiling sluit ons die aand af met 'n heerlike steakete.

💰 Slegs R1 600 per tafel van 8 – net R200 per persoon vir 'n aand vol opwinding, lekker kos en die kans om groot te wen.

🌍 Kan jy nie die aand bywoon nie? Geen probleem! As jy ver woon, kan jy iemand aanwys om namens jou te bie, terwyl julle telefonies met mekaar in verbinding bly. Só kan jy steeds deel wees van die opwinding en 'n kans staan om groot kontantpryse te wen!

📞 Bespreek jou tafel of doen navraag:

Tel: 028 735 1214
E-pos: [email protected]

Moenie hierdie geskiedkundige geleentheid misloop nie – wees deel van Albertinia se eerste duiweveiling en ondersteun 'n waardige saak!

Vandag was ons ‘n groep van 25 (inwoners en dienssentrum lede) wat die uitstappie na Pinnacle Point meegemaak het. Wat ‘...
13/08/2026

Vandag was ons ‘n groep van 25 (inwoners en dienssentrum lede) wat die uitstappie na Pinnacle Point meegemaak het.

Wat ‘n lieflike dag! Die weer was perfek, die tonnel asemrowend en die kos was heerlik. En natuurlik was die geselskap puik. 😀

Dankie aan Cameron, Michelle en die personeel by Pinnacle Point wat ons bedien het. Dit was ‘n baie suksesvolle uitstappie.

Onderburgemeester Gerald Boezak het ons tehuis besoek op Dinsdag, 4 Augustus. Saam met sy span, wat bestaan het uit Hend...
08/08/2026

Onderburgemeester Gerald Boezak het ons tehuis besoek op Dinsdag, 4 Augustus.

Saam met sy span, wat bestaan het uit Hendrik Saayman, Ricardo Hartnick en Deseree Julies, het hulle die inwoners bedank vir die jare se opoffering en bydrae om die gemeenskap te bou tot wat dit vandag is. Geskenkpakkies is uitgegee aan die inwoners en personeel en die tehuis se spyseniering span het hulle trakteer op heerlike happies om die geleentheid mee af te sluit.

Ons is dankbaar vir hulle besoek en sien uit na die volgende een! Mag God hulle werk in die gemeenskap seën.

Address

2 School Street
Albertinia
6695

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27287351214

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Albertinia Versorgingsdienste posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share