Okahandja Voortrekkers

Okahandja Voortrekkers Okahandja Voortrekkers is 'n kultuurbeweging wat die jongmense van vandag in die leiers van die toekoms verander.

Ons fokus op 4 elemente, oftewel Die Voortrekkers se ABCD, naamliks Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbaarheid.

30/06/2026

DIE VOORTREKKERS SE ABCD

Ons ABCD is die grondslag waarop elke Voortrekker groei:

A – Afrikanerskap
Ek weet wie ek is.

B – Burgerskap
Ek doen my deel.

C – Christenskap
Ek volg Christus.

D – Diensbare Leierskap
Ek dien ander en lei deur voorbeeld.

Hierdie vier waardes vorm meer as goeie Voortrekkers - dit vorm jongmense wat met selfvertroue, geloof en verantwoordelikheid hul plek in die wêreld inneem.

Ons streef daarna om moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene toe te rus wat hul roeping deur diensbare leierskap uitleef.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]



30/06/2026

🚌🎶 Die wiele van die bus gaan om en om… om en om… om en om! 🎶

Ons PV- kandidate is vandag oppad Kaap toe vir hulle Nasionale President Verkenner Toetskamp!

Ons wens vir elkeen ’n veilige reis, baie lag, nuwe herinneringe en ’n kamp vol avontuur. Geniet elke kilometer en maak die mooiste herinneringe saam!

🙏 Veilige reis!

“Die Here sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.”�Psalm 121:8 🤍

05/06/2026
05/06/2026
05/06/2026

NASIONALE STAATMAKERSAAMTREK 2026

Maak gereed vir ’n week van avontuur, vriendskap en onvergeetlike herinneringe!

📍 Wemmershoek kampterrein, Stellenbosch�📅 6 tot 12 Desember 2026
Kom beleef:�🏔️ Die asemrowende Tafelberg�🌊 Strand en see�🔥 Kampvure en saamkuier�🤝 Nuwe vriende van regoor Suid-Afrika�💙 Die ware Voortrekkergees

Hier word leiers gevorm.�Hier word STAATMAKERS gebou.

Merk solank die datum in jou kalender — moenie hierdie saamtrek misloop nie!

Skryf hier in: https://www.skryfin.voortrekkers.co.za

Skryf hier in en word vandag nog ‘n Voortrekker:
https://registrasie.voortrekkers.co.za/

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011…

05/06/2026

En jy het ged**k ons maak net knope?

Kyk na hierdie ongelooflike Verkennerspesialisasie: Elektronika!

Van weerstande, kapasitors en transistors tot soldeerboute, multimeters en gedrukte stroombane – Verkenners leer hoe moderne tegnologie werk en hulle bou en toets ook hul eie elektroniese toestelletjies.

Elektronika is oral om ons – van selfoonlaaiers en alarms tot tydskakelaars en flikkerliggies. Hierdie spesialisasie help Verkenners om die wêreld agter die skerms te verstaan én self oplossings te skep.

Die Voortrekkers ontwikkel jong mense wat kan d**k, doen, ontwerp en innoveer.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011



Address

Berg-Op Akademie
Okahanja
12004

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Okahandja Voortrekkers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share